Wees versigtig met benadering tot grond: Geingob
Wees versigtig met benadering tot grond: Geingob

Wees versigtig met benadering tot grond: Geingob

Raad van tradisionele leiers sit vir 19de keer
Estelle de Bruyn
Tradisionele leiers het ‘n belangrike rol om te speel wat nasiebou in Namibië betref en om stamgebondenheid, korrupsie en armoede te bekamp. Dié boodskap is gister deur pres. Hage Geingob op die 19de sitting van die raad van tradisionele leiers op Keetmanshoop oorgedra.

Die raad van tradisionele leiers is kragtens Artikel 102(5) van die Namibiese grondwet tot stand gebring om onder meer die president van raad oor die benutting van kommunale grond te bedien en ook oor enige ander sake waaroor die president by die raad aanklop.

“Laat ons versigtig wees en ons benadering tot ’n kwessie soos grond verander. Grond is ‘n emosionele saak en indien dit nie korrek benader word nie, het dit die potensiaal om ons land in absolute chaos te dompel. Dispute tussen gemeenskappe oor kommunale groen en oor hoofmanskappe het ongelukkig te algemeen geword en is ‘n bron van kommer, nie net vir die gemeenskappe nie, maar ook vir die regering.

“Die regering bestee groot bedrae geld om hierdie dispute te ondersoek en tradisionele gemeenskappe, wat by hierdie dispute betrokke is, versuim dikwels om met die regering saam te werk op oplossings te vind. Kom ons ontmoet mekaar halfpad. Kom ons stel persoonlike ambisie ter syde en dink hoe ons ons bure en die arm lede in ons gemeenskappe kan help,” het Geingob versoek.

Hy het na die nuwe rigting wat die land ingeslaan het met die vergelyking na die Namibiese huis en die beleid van Harambee (trek saam) verwys en gemaan teen diegene wat die nasie na “stamgebonde silo’s” wil terugdryf.

“Die nuwe rigting word deur sekere sektore van die publiek bedreig wat verveeld is met vrede en gretig is om ‘n atmosfeer van wantroue te skep. So ‘n situasie is ‘n bedreiging vir die vooruitgang wat ons as ‘n nasie behaal het. Dit is ‘n bedreiging vir die fondament van vrede wat deur die stigterpresident, mnr. Sam Nujoma, begin is, deur oudpres. Hifikepunye Pohamba gekonsolideer is en deur my voortgedra word ten einde ‘n era van voorspoed te betree.

“As ‘n president kan ek nie terugsit en toelaat dat Namibië afgly teen die helling van onenigheid en Bantoestans nie,” het Geingob gesê.

Om hierdie rede word van tradisionele leiers verwag om die etos van die nuwe rigting te beklemtoon en deur hul voorbeeld te lei.

“Daar is niks verkeerd om trots op ‘n mens se kultuur en stam te wees nie. Die probleem ontstaan wanneer agtervoegsels soos “gebondenheid” bykom en dan stamgebondenheid word. Daar is ook niks verkeerd om trots op jou ras te wees nie, maar wanneer die agtervoegsel “-isme” bykom en dit word rassisme, is dit giftig vir die gemeenskap,” het Geingob gesê.

Hy sê tradisionele leiers is ‘n integrale deel van die land se oorlog teen armoede en korrupsie, maar ook vir versnelde ekonomiese groei en ontwikkeling.

Hy het ook verwys na die slagting op die land se paaie, veral nou dat die jaar einde se kant toe staan en tradisionele leiers gevra om hul invloed te gebruik om verantwoordelik padgebruik aan te moedig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!