Wees nog versigtiger met jou inligting op internet

Deur Ischke de Jager

Suid-Afrikaners deel te veel van hul persoonlike inligting op sosiale media, wat hulle maklike prooi vir kubermisdadigers maak.

Om inligting soos jou volle naam en van, waar jy werk en woon, jou belangstellings en kontakbesonderhede, en ’n volle profielfoto op sosiale media te plaas, maak jou ’n maklike teiken, het Thulani Mashiane van die WNNR Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

Misdadigers gebruik mense se persoonlike inligting hoofsaaklik vir identiteitsdiefstal, om jou te mislei om meer inligting te onthul, om veiligheidsvrae vir toegang tot jou rekeninge te kry, vir bekruipers om jou op te spoor en vir regstreekse bemarking,

“Hoekom deel jy hierdie inligting vrylik met misdadigers? Moenie te veel inligting oor jouself aanlyn deel nie en beperk toegang tot jou profiel. Dink voordat jy op aanlyn advertensies kliek.”

Mashiane waarsku mense ook teen teksboodskappe van vreemde mense en advertensieboodskappe.

“Moenie op hierdie boodskappe reageer nie, want as die persoon regtig met jou in kontak wil kom, sal hy jou bel, en moenie op vreemde skakels kliek nie.”

Sy sê aanlyn stokvelgroepe is ’n nuwe probleem.

“Wanneer jy deel word van so ’n groep, moet jy daarop let of jy ook as ’n administrateur bygevoeg is. As ’n administrateur van ’n groep is jy aanspreeklik vir alle kommunikasie in die groep. As daar haatspraak verskyn, sal jy aanspreeklik gehou word.

“Verwyder jouself summier van hierdie groepe.”

Sy waarsku ook teen aanlyn speletjies en toepassings.

Dit is belangrik om jou identifiseerbare inligting soos jou bankrekeningnommer, ID-nommer en geografiese ligging op enige netwerk te beveilig, sê Muyowa Mutemwa van die WNNR.

Webblaaiers kan jou ook blootstel.

“Daar is nie noodwendig fout met die blaaier nie, maar hoe meer gebruikers daar is, hoe kwesbaarder is die blaaier. Dit is dan makliker om aanvalle te loods,” sê Mutemwa.

Om die veiligheid van jou inligting op jou tuisnetwerk te verseker, moet jy die naam en wagwoord van die Wi-Fi-modem verander sodra jy dit gekry het.

“Kuberkrakers kan dié inligting van die vervaardiger se gebruikershandleiding kry, toegang tot jou netwerk kry en jou persoonlike inligting bekom.”

Jy moet verseker dat diegene wat by jou netwerk wil aansluit, eers ’n wagwoord moet verskaf.

Internetgebruikers behoort nie op gratis, openbare Wi-Fi-netwerke by hul internetbank of sosialemediarekeninge aan te teken nie.

“Kuberkrakers is lief vir openbare netwerke, want hulle kan maklik jou wagwoord bekom,” sê Mutemwa.

Dr. Vukosi Marivate van die WNNR sê sosiale media kan ook gebruik word om misdaad te bekamp.

“Ons ontwikkel ’n instrument om wetstoepassingsagentskappe, die regering en niewinsgewinde organisasies te help om neigings in misdaad en openbare veiligheid te verstaan.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!