Weermaglid betrap met renosterhorings
Weermaglid betrap met renosterhorings

Weermaglid betrap met renosterhorings

Twee renosterhorings is nog soek nadat twee mans Sondag op Walvisbaai met twee “vars” renosterhorings betrap is.
Otis Finck
Otis Finck - 'n Vierde verdagte is op Otjiwarongo vasgetrek, nadat hy die naweek op die vlug geslaan het toe die polisie twee mans op Walvisbaai by 'n vulstasie met twee renosterhorings betrap het. Twee verdagtes het reeds in die hof op die hawedorp verskyn, terwyl 'n derde verdagte vrygelaat is weens 'n gebrek aan bewyse wat hom met die saak verbind.

Twee mans, die een 'n Namibiese weermaglid, het gister in die landdroshof op Walvisbaai verskyn. Die mans is Sondag omstreeks 16:08 op die hawedorp by die Engen-vul­stasie oorkant Shoprite in die sen­trale ­sakekern met die paar “vars” ­renosterhorings betrap. Na bewering wou die mans die horings probeer verkoop.

Mnr. Petrus Damaseb (49) en Isak Omeb (29), albei van Okahandja, het voor landdros John Sindano op aanklagte verskyn wat met die oortreding van die wet op beheerde wildleweprodukte en –handel en die besit van beheerde wildleweprodukte verband hou. Sindano het die verhoor tot 18 Julie uitgestel vir verdere ondersoek en om Damaseb en Omeb kans te gee om regshulp te bekom.

Die 49-jarige Damaseb is as lid van die Namibiese weermag op ­Okahandja gestasioneer.

Staatsaanklaer Sylvia Kauluma het borgtog teengestaan. Volgens Kauluma beloop die waarde van die twee renosterhorings wat ­gekon­fiskeer is N$600 000.

“Die ondersoek is in 'n sensitiewe stadium. 'n Wapen is gekonfiskeer en nóg twee horings is steeds soek,” het sy gesê.

Omeb het sy onskuld bepleit en aan die hof gesê hy dra geen kennis van die renosterhorings nie en dat hy nie die aanklagte teen hom verstaan nie. Volgens hom is hy net as assistentdrywer gebruik.

Intussen het Nampol se kommissaris Erastus Ikuyu van die Erongo­streek bevestig 'n derde verdagte is vrygelaat, nadat onvoldoende bewyse hom nie met die misdaad kon verbind nie. Dié verdagte is 'n inwoner van Swakopmund. 'n Vierde verdagte wat Sondag homself uit die voete gemaak het toe Damaseb en Omeb vasgetrek is, is volgens Ikuyu op Otjiwarongo in hegtenis geneem. Hy het voorts gesê die plek waar die renosterhorings gestroop is, is ook naby Otjiwarongo ontdek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!