Weermag steun Walvisbaai
Weermag steun Walvisbaai

Weermag steun Walvisbaai

Terwyl die NDF help om ’n veldhospitaal op die hawedorp op te rig, het die aantal bevestigde Covid-19-gevalle gisteroggend met ’n rekordgetal gestyg.
Erwin Leuschner
Erwin Leuschner - Terwyl die aantal bevestigde Covid-19-gevalle op Walvisbaai gisteroggend met ’n rekordgetal toegeneem het, het die weermag ’n helpende hand aan die plaaslike ministerie van gesondheid uitgereik en binne twee dae sal ’n moderne veldhospitaal met 18 beddens opgerig word.

Die aantal beskikbare beddens vir Covid-19-pasiënte by alle staatsgesondheidsinstellings op Walvisbaai is nie meer genoeg nie. “Ons taak in dié streek is eenvoudig. Ons moet dié veldhospitaal bou en hulle in die stryd teen die virus ondersteun,” het mnr. Festus Sakaria, 'n geregistreerde verpleër by die verdedigingsdepartement, gisteroggend op Walvisbaai gesê.

Die konvooi van verskeie militêre voertuie het Dinsdagaand reeds in die hawestad aangekom.

"Ons sal Woensdag begin om die mobiele hospitaal te bou na ons die bevel gekry het om die hospitaal te skuif," het Sakaria bygevoeg.

Die hospitaal is in Februarie weens Covid-19 op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gebou en verlede Sondag is die bevel gegee dat die hospitaal moet skuif. Dit sal op dieselfde eiendom opgerig word waar die privaatsektor 'n paar maande gelede 'n veldhospitaal wou oprig, maar nog nooit die toepaslike permit kon kry nie. Só het Republikein se susterkoerant, Algemeine Zeitung (AZ), berig.

Volgens Sakaria het die veldhospitaal 18 beddens, asook ‘n intensiewesorgeenheid. Daar is wel ruimte vir verdere uitbreidings. “Die hospitaal sal binne twee dae operasioneel wees en sal van Vrydag af gereed wees om pasiënte te behandel,” het hy gesê toe hy die Erongo-goewerneur, mnr. Neville Andre, simbolies om toestemming gevra het om die hospitaal in sy streek te bou.

Andre het tydens ’n kort toespraak sy dankbaarheid uitgespreek en gesê dié inisiatief is ’n teken dat die regering Walvisbaai in die stryd teen die pandemie ondersteun.

Die hawestad het die episentrum van Covid-19 in Namibië geword. Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid, het gisteroggend 52 nuwe Covid-gevalle in Namibië bekend gemaak, waarvan slegs een in isolasie in die ||Kharasstreek is en die res almal op Walvisbaai.

“Ek wil die inwoners van Walvisbaai verseker die regering het al die nodige stappe geneem om genoeg gesondheidsorgfasiliteite te bou,” het Shangula gesê. Hy het bygevoeg daar is 'n agterstand met die bekendmaking van die toetsuitslae weens massatoetsing by die kus. “Veral mense wat tans in kwarantyn is moet geduldig wees terwyl ons hieraan werk,” het hy gesê.

Intussen het dr. Martha Ntinda, ’n senior dokter by die Walvisbaaise staatshospitaal, gister in gesprek met die AZ gesê daar is altesaam 73 beddens vir Covid-19-pasiënte by Walvisbaaise staatsinstellings beskikbaar – 36 in die voormalige tuberkulosesaal, 17 in die ou motorhuise wat onlangs opgeknap is en 20 in die Walvisbaai-kliniek.

“Omdat byna al die Covid-19-gevalle nie enige simptome toon nie, het ons 73 pasiënte na Hentiesbaai geneem, waar hulle tans behandel word. Ons wil beddens oop hou vir pasiënte wat moontlik intensiewe sorg kan nodig hê,” het sy gesê.

Volgens Ntinda is nie een van die talle Covid-pasiënte op Walvisbaai kritiek of ernstig siek nie. Maar selfs mense sonder simptome sal in 'n isolasiegerief behandel moet word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!