Weermag, polisie in spervuur
Weermag, polisie in spervuur

Weermag, polisie in spervuur

’n Waghond eis die regering moet wetstoepassers wat burgerlikes glo aanrand dringend voor stok kry.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Menseregtewaghond eis die regering moet onmiddellik ingryp in bewerings oor weermag- en polisiegeweld.

Sou dít nie gebeur nie, loop Namibië die risiko om “terug te keer na daardie smerige deel van ons geskiedenis toe geïnstitusionaliseerde geweld aan die orde van die dag was”.

Só het me. Toni Hancox, die Regshulpsentrum (LAC) se direkteur, gistermiddag uitgevaar.

“Daar is geen plek vir dié wettelose gedrag in ’n onafhanklike Namibië nie.”

Die Namibiese weermag (NDF) moet regte help beskerm en nie verontagsaam nie, sê sy.

Dit is omdat die president die weermag se hulp mag inroep om lewens, eiendom en gesondheid te beskerm.

Hancox sê die LAC neem erg besorg kennis van bewerings dat die NDF en die Namibiese polisie met burgerlikes slaags raak.

In ’n sterk bewoorde verklaring sê Hancox die LAC het talle siviele eise in sy besit teen die weermag en die polisie.

Sou dié eise teen die owerhede slaag en skadevergoeding ter sprake raak, sal die belastingbetaler daarvoor moet opdok, waarsku Hancox.

Die hulp wat dié owerhede mag verleen, word deur wetgewing beheer, sê sy.

Dit bepaal die weermag en polisie mag slegs redelike krag gebruik om ’n misdaad te probeer hokslaan of om iemand in hegtenis te neem.

Krag mag net onder dié omstandighede ingespan word, benadruk sy, “en dan ook net soos redelik benodig”.

Hancox sê aantygings oor geweld aan die hand van die NDF en die polisie neem veral die laaste ruk toe.

Dié toedrag van sake vereis dringende en onmiddellike ingryping deur die base van die instellings, sê sy.

Die weermag het gister by monde van sy woordvoerder, lt.kol. Petrus Shilumbu, gesê die NDF is ewe verbaas oor ’n berig in ’n Engelse dagblad oor geweld aan die hand van soldate.

Shilumbu sê die NDF is ’n wetsgehoorsame liggaam.

Volgens hom het die ministerie van verdediging, waaronder die weermag val, soldate in geen stadium beveel om lede van die publiek aan te rand nie.

Shilumbu sê ’n ondersoek sal gelas word en sou enigiemand skuldig bevind word, sal kragtens die weermag se dissiplinêre kode met hulle afgereken word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!