Weermag een van wêreld se swakstes

Sowat 8,8% van staatsuitgawes

15 January 2020 | Ministeries
Ellanie Smit – Uit 34 Afrika-lande is Namibië se militêre mag tans 28ste.

Dít volgens die 2019-Global Firepower Index (GFP), wat data van 137 lande ontleed wat militêre uitgawes, bekwaamheid en gereedheid betref.

Die klassifisering word grootliks gebaseer op elke land se potensiële vermoë om oorlog op land, see en in die lug te voer.

Die finale uitslae neem aspekte soos hulpbronne, finansies en geografie in ag.

Die amptelike GFP-klassifisering gebruik meer as 55 individuele klasssifiserings om ’n land se telling te bepaal.

Hiervolgens het Namibië tans ’n telling van 2,6519, terwyl die ideale telling 0,0000 is.

Die land se geraamde militêre krag is 10 000, wat 0,4% van die land se bevolking behels, terwyl die totale beskikbare militêre krag in Namibië 582 642 is.

Dít is bykans 23% van die land se bevolking.

Verder bereik 29 919 Namibiërs jaarliks ’n ouderdom wat hulle toelaat om by die weermag aan te sluit.

Wat die gehalte van lugvaart betref, is Namibië 93ste uit 137 lande, met altesaam 31 militêre vliegtuie.

Dit sluit ses vegvliegtuie (wat 63ste uit 137 lande is), ses aanvalstelsels (70ste) en drie vervoervliegtuie (51ste) in.

Die land se helikoptermag (bestaande uit ’n totaal van agt) het die 83ste plek op die ranglys behaal.

Twee van dié agt helikopters is aanvalshelikopters. Namibië het verder sewe tenks, 410 gepantserde voertuie en ’n totaal van agt vlootbates.

Namibië se verdedigingsbegroting beloop ongeveer U$120 miljoen (N$1,7 miljard teen die huidige wisselkoers).

Intussen beklee ons buurland, Suid-Afrika, die 32ste plek op die ranglys, met 81 300 militêre personeellede en 66 300 aktiewe personeellede.

Hul verdedigingsbegroting beloop bykans U$4,2 miljard (N$59,8 miljard).

Die Afrika-lande met die sterkste militêre mag is Egipte, Algerië en Suid-Afrika.

Dié met die swakste militêre mag is die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone en Liberië, terwyl Namibië die sewende swakste in Afrika is.

Die VSA en Rusland, gevolg deur China en Indië het die sterkste militêre magte, terwyl Suriname, Liberië en Boethan die swakstes in die wêreld het.

China het die grootste aantal aktiewe militêre personeel, met meer as 2,18 miljoen, terwyl Namibië die 115de posisie op dié lys beklee.

Amerika het die sterkste lugmag, met 13 398 vliegtuigstelsels. Dié land bestee ook die meeste aan verdediging, met ’n begroting van U$716 miljard (N$10,3 triljoen).

Volgens 2018-’19 se hersiene begroting is ’n bedrag van N$6 miljard aan die Namibiese ministerie van verdediging toegeken.

Sowat 8,8% van die regering se totale uitgawes behels verdedigingsuitgawes, wat N$66,5 miljard gedurende die 2019-’20-boekjaar beloop.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kauhaie wins the crown

7 ure gelede | Skole

Irene-Mari van der Walt Swakopmund • [email protected] the cancellation of the Mr Teen Swakopmund 2020, the Miss Teen Swakopmund 2020 pageant went ahead at...

Verband tussen voorvalle van verkragting ondersoek

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die ooreenkomste tussen twee gruverkragtings die afgelope week in Havana aan die buitewyke van Windhoek kan die werk van reeksverkragters wees.So sê...

World Tourism Day

7 ure gelede | Mense

Michael ShagandjwaThe country should establish more unique heritage attractions that reflect our country’s background. Create an interesting image with reservations that are worth viewing and...

WAP wen Bakpro-kompetisie

7 ure gelede | Onderwys

Windhoek Afrikaanse Privaatskool was die wenners van die Bakpro Back-to-School-kompetisie. Die skool het 14 413 broodsakkies ingesamel en was die wenners van rekenaars en projektors...

Unam students appeal against traditional exams

7 ure gelede | Onderwys

ENZO AMUELEStudents at the University of Namibia (Unam) are in a bitter contest against the writing of traditional examinations.The university recently issued a circular about...

Lower grades back at school

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw Grade four, five and six learners were welcomed back at school on last week. The government schools have opted to divide the children...

Star Teacher of the Week

7 ure gelede | Onderwys

Leandrea Louw This week, the My Zone Star Teacher of the Week is Mrs Veneza Memory Rheeder. She has been a teacher since 2003 and...

Westside High represented on local town council

7 ure gelede | Skole

Jhanré PretoriusA brand new Swakopmund Junior Town Council for the year 2020-2021 was inaugurated in August. Two of the 15 members are from Westside High...

The last race is the hardest race

7 ure gelede | Onderwys

A personal accountJOSEFINA ANKONGA The year started smoothly, back then when everything was still normal. We went to school on a daily basis, we...