Weerkantoor verwag nat week
Weerkenners meen reën vir Namibië is moontlik eindelik op pad.
Elvira Hattingh
Die Namibiese weerkantoor meen nog reën is vandeesweek vir die noordelike, sentrale en oostelike dele van Namibië op pad.
Boonop is 'n weerwaak vir kwaai storms van vandag af vir die Ohangwena-, Oshikoto-, Otjozondjupa-Oos-, Khomas- en Omahekestreek uitgereik.
Die weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister aan Republikein gesê kitsvloede kan vandag in die Ohangwena- en Omahekestreek voorkom.
“Ook sal dagtemperature daal danksy bewolkte en reënerige weer in die noordelike, sentrale en oostelike dele van die land,” het hy gesê.
Dit strook met die nieregeringsorganisasie LandWater se voorspelling dat reënvooruitsigte in Suider-Afrika vir die komende week of langer gaan verbeter.
“Dit bevestig die reënratte draai nou sterk in 'n positiewe rigting – die gevolg van toestande wat nou al etlike weke lank opbou,” het die organisasie op sy Facebook-blad gesê.
LandWater het die afgelope naweek gesê vandeesweek se reënvooruitsigte vir spesifiek Namibië vertoon goed – aanvanklik meer noord, waarná dit na die sentrale dele kan beweeg.
Die reënweer sal na verwagting teen volgende week meer suid beweeg.
Intussen toon die weerkantoor se amptelike syfers van Sondag Otavi het sowat 40 mm reën ontvang, gevolg deur Namutoni se 33 mm.
Op Oshakati is 15,8 mm gemeet, terwyl Grootfontein 13,8 mm ontvang het.
Die weerkantoor het 10 mm op Aranos gemeet, 8 mm op Okahao, 5,8 mm op Omuthiya en 4 mm op Okaukuejo.
In die Khomasstreek se Okahua is 3,5 mm gemeet, terwyl Eros-lughawe 1,8 mm ontvang het.
Windhoekers het op Facebook laat weet dit het die naweek in Cimbebasia gereën en gehael, en die reënmeter het 15 mm gewys, terwyl 22 mm naby die Oshikotomeer gemeet is, en 1 mm op Gobabis.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie