Weer probeer noodsaaklik vir dié spel

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
EK is nou nie juis een vir ure voor skerm sit en games speel nie. So, die dat ek nou so effe vasgeval het met dié einste tydverdryf, is vir my nuwe ondervinding.
Sien, eers was dit bloot uit verveeldheid dat ek en my teenstander voor die skerm stelling ingeneem het. Die game lyk heel eenvoudig. Jy het so geel mannetjie (lyk nogal na Chinees) wat deur doolhowe met boksies moet loop om die goed iewers te gaan opstapel. Maklik, of so dink mens. As jy eers begin, besef jy dat jy meer breinkrag moet gebruik as net twee selle. Elke agtereenvolgende speelvlak raak al hoe meer ingewikkeld. Die skuiwe wat logies lyk, bring jou nêrens. Dis vir dink en vooruit dink en antisipeer. Dis vir probeer, jou vasloop en weer probeer totdat jy besef: dis die roete! Voel ewe of lig in jou kop aangaan en mens kraai van lekkerkry. Oorwinning smaak soet terwyl ek my sege in my teenstander se vel invryf ? en bitter koggel frustrasie as ek maar net nie my Chinees op die regte pad kan help nie en syne loop die pad so sonder sweet!
As dit so sukkel-sukkel gaan, raak ek skoon moedeloos. Dit lyk dan so maklik. Dit lyk dan so eenvoudig, maar die boksies wil maar net nie in hul plek pas nie. Wat my sommer lekker krap is as al die boksies mooi inpas, behalwe die laaste een. Dan is dit maar weer van voor af begin en praat ek so onder my asem kwaai met die china-man.
Met die spelery, broei gedagte iewers in my agterkop uit: dié game loop parallel met die lewe.
Maak ons nie maar ook besluite wat soms so reg lyk nie, net om te besef dit gaan ons nie bring tot waar ons wil wees nie? Die oënskynlike maklike, regte dinge is toe nooit so eenvoudig nie. Dan swets ons, dan sug ons en begin maar weer van voor af beplan. Groot is die vreugde en genoegdoening as ons besef ons is op die regte pad.
En is dit nie juis die gesoek na die regte pad en lewensmetodes wat die lewespel juis fees maak nie? Nie dat mens in die middel van doodloopstraat dit besef nie, maar as jy objektief terugkyk sien mens die rede of doel daaragter. En dis juis in dié besef, dat alles wat met mens gebeur doel het, waarin die lekker van lewe lê. Jy moet foute maak om by die regte oplossings uit te kom.
Speelvlak 2004 het ek amper klaar gemaak. En dit was nie sonder sweet en swets nie. Ek dink as dit so sou wees, sou dit maar bra vervelig wees.
Maar ek kan met lekker gevoel sê dat 2004 sinvol was en ek die regte roete gevind het om die jaar suksesvol af te sluit.
Speelvlak 2005 se doolhoof wink vir ons. Ons weet so min of meer hoe die opset lyk, maar die uitdaging gaan weer daarin lê of ons die regte besluite gaan neem. Daarin lê die lekker, die uitdaging, om elke oomblik voluit te leef. Maak nie saak of ons fouteer nie. Wat saakmaak is dat ons dit regstel, dat ons nie moed opgee nie en aanhou probeer om die lewe te leef, elke oomblik.
Ek hoop dat 2004 ook vir jou pret was en dat 2005 se uitdagings jou nie moedeloos laat nie. Speel die game, maak foute en geniet elke oomblik daarvan sodat jy ook aan die einde van volgende jaar kan sê: \"Maklik en lekker!\"

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...