Weelderige gholflandgoed kom in duine by Walvis

Die beplanning sluit in die eerste gholfbaan tussen Namibië se kenmerkende sandduine, asook 'n aftreeoord, 'n sportopvoedingsentrum, restaurante, 'n gimnasium en bioskoop.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Beplanning vir 'n luukse gholflandgoed van 148 hektaar naby ­Walvisbaai is reeds in 'n gevorderde stadium en projekimplementering is geskeduleer om vanjaar te begin.

Die President's Links Estate sal glo aangrensend tot die Dorob Nasionale Park gebou word en sal sowat 745 luukse wooneenhede insluit.

Die gholfbaan sal volgens die webtuiste midde-in Namibië se kenmerkende duine gebou word.

Die spesifieke ligging is gekies deur die wêreldbekende gholfbaanontwerper Peter Matkovich en sy vennoot, die ewe bekende majors-beroepspeler en wenner van die 2010 Britse Ope, Louis Oosthuizen.

“Ons hoop die baan en die unieke omgewing sal bydra om die Sonskyn-gholfreeks terug na Namibië te lok en dalk selfs as 'n bestemming op die Europese Toer ingesluit te word,” lui die inligting op hul webtuiste.

Dit sal glo een van slegs drie ander bane ter wêreld wees wat tussen sandduine ontwerp en gebou is.



745 WOONEENHEDE, BIOSKOOP EN GIMNASIUM

Die grootte van wooneenhede in die landgoed sal tussen 184 en 390 vierkante meter strek en die aankooppryse wissel tussen N$3.9 miljoen en N$8.5 miljoen.

Op die landgoed word ook beplan om troeteldiervriendelike parke, 'n sportopvoedingsentrum, restaurante, koffiewinkels, klubhuis, gimnasium, rolbalbaan, swembad, tennisbane, hardloop- en fietsrybane en 'n bioskoop te laat bou.



AFTREEOORD

Daar sal ook aftree-eenhede in die landgoed gebou word.

“Die aftree-eenhede van 115 m² sal geleë wees op 'n eiendom van jou keuse. Die eiendom sal twee slaapkamers met en suite-badkamers hê, 'n ruim leefarea en kombuis/opwaskamer, 'n enkelmotorhuis, tuin en kaggel. Die prys begin by N$2 400 000,” lui die webtuiste.

Twee groter eenhede met 'n dubbelmotorhuis is ook beskikbaar en sommiges het selfs 'n uitsig oor die gholfbaan.



EKOVRIENDELIK, DOG MODERN

Volgens die webtuiste voldoen die President's Links ten volle aan die Edge-sertifiseringstelsel (Excellence in Design for Greater Efficiencies) van die International Finance Corporation.

“Edge-sertifisering gee eienaars die versekering dat hul huise gebou is om hulpbrondoeltreffend te wees. Deur te fokus op energie- en waterbesparingsinisiatiewe, sowel as om die maksimum gebruik van grondstowwe in hul mees natuurlike toestand te verseker,” het die direkteur, mnr. Andrew van Schalkwyk, bevestig.

Die President's Links sal glo van elektrokoagulasietegnologie gebruik maak om water wat voorheen uitvloeisel was (van die Walvisbaai-munisipaliteit) in 'n reuklose bron van besproeiingswater om te skakel vir die besproeiing van die gholfbaan.

“Die munisipaliteit het drie miljoen liter water per dag aan die landgoed toegestaan, wat tans nie geskik is vir menslike gebruik nie en nie tot drinkbare water gesuiwer kan word nie. Alle water wat nie op die landgoed gebruik word nie, sal dan teruggestuur word na die munisipaliteit vir gebruik in die omliggende gemeen­skap,” het Van Schalkwyk gesê.

Belegging in hierdie ekovriendelike, volhoubare, dog moderne en gesofistikeerde landgoed sluit 'n gratis gholflidmaatskap in.

“Enigiemand wat in President's Links belê, sal outomaties bydra tot The Living Desert Fund waar 5-7% van elke huis wat verkoop word, in hierdie volhoubaarheidsfonds gaan, wat gemeenskapsontwikkeling sowel as die instandhouding van die gholfbaan en klubhuis moontlik sal maak,” het Van Schalkwyk gesê.

[email protected]

FOTO’s
Die Moringa-eenhede (283 m²) het drie slaapkamers, 'n ruim leefarea en kombuis/opwaskamer, 'n dubbelmotorhuis, tuin, kaggel en 'n onderdak-houtpatio met braai-area. Die prys begin by N$6.18 miljoen. Foto The President's Links Estate se webblad
Die gholflandgoed sal 148 hektaar groot wees. Foto The President's Links Estate se webblad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.48 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 824.40/T UP 0.8% | Brent Crude Oil US$ 88.04/BBP DOWN -0.0033 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028