Weegbrûe beskerm ons paaie

Die Paaieowerheid is bewus van drywers wat weegbrûe vermy en sê die toename in die vervoer van hout wek kommer.
Augetto Graig
Augetto Graig - Regstappe teen en die vervolging van voertuigeienaars wat hul voertuie oorlaai, sal na verwagting van 1 April af inwerking gestel word.

Dít volgens mnr. Vincent Sasele, afdelingsbestuurder van padvervoer en die Paaieowerheid (RA) se vervoerinspektoraat.

Sasele sê die RA het ’n hoërhofbeslissing gewen, wat die weg baan vir die toepassing hiervan om die land se paaie te beskerm.

Toe mnr. John Mutorwa, die minister van werke en vervoer, verlede week die weegbrug by Brakwater besoek het, het Sasele die hoë koste en ander uitdagings verbonde aan sulke regstappe uitgewys.

Tans word oortreders van die pad getrek en gedwing om swaar vrag te skuif, of om nog voertuie te ontbied om van die vrag oor te neem.

“Wanneer ons mense begin vervolg, sal ’n boete bykomend by die aanpassing van die vrag gehef word, ’n saak sal geopen word en ’n lasbrief uitgereik word. Daar is reeds ’n aantal onopgeloste lasbriewe,” sê hy.

Hy sê ’n beter oplossing is die dekriminalisering van oorlading, wat die lae boetes wat tans van toepassing is, onmiddellik sal verhoog.

“Ons sou drywers kon dwing om boetes te laat betaal volgens die hoeveelheid skade aangerig,” sê hy. “Dekriminalisering sou onmiddellike betaling moontlik maak,” sê hy.

Sasele sê ’n komitee het in 2014 reeds die eerste wetsontwerp vir dekriminalisering voltooi en dit is ook na die kabinet verwys, waar dit deur die betrokke staande komitee onder oë geneem is.

Mutorwa het verantwoordelikheid vir die bevordering van dié wetsontwerp geneem.

Die nasionale strategie op oorlading word toegepas, en 10 uit die 12 weegbrûe wat beoog word, is reeds gebou en in werking.

Volgens Sasele word nog twee weegbrûe op Otjiwarongo en Keetmanshoop beplan.

“Van die weegbrûe is 24 uur ’n dag, sewe dae ’n week oop – veral dié op die noordelike, suidelike, oostelike en westelike roetes,” sê hy.

Een probleem is ’n tekort aan beamptes om weegbrûe te beman.

Wanneer ’n weegskaaloperateur met siekverlof is, moet ’n verkeersbeampte instaan, en sy eie punt tydelik verlaat, het Sasele gesê.

Weegbrûe is noodsaaklik vir die instandhouding van nasionale paaie, sê hy.

“As paaie nie beskerm word nie, verkort dit hul lewensduur drasties – kyk net die pad tussen Kongola en Katima Mulilo. In vergelyking met die res van die pad deur Zambië is ons pad in ’n goeie toestand weens die doeltreffende beheer van oorlading, en padonderhoud,” sê hy.

Sasele sê die RA is bewus van drywers wat weegbrûe soms vermy.

“Dit is die werklikheid. Ons weet ook van ontsnappingsroetes en oop afstande wat gebruik word. Dit is hoekom ons ’n weegbrug op Otjiwarongo moet bou. Ons benodig ook nog 'n weegbrug op Rundu, maar daai projek moet nog goedgekeur word. Ons het reeds ’n stuk grond op Rundu, en hoewel dit nie geskik is nie, kan ons dit maklik vir ’n beter een verruil. Onthou, hierdie is multimiljoendollar-projekte,” sê hy.

Mnr. Conrad Lutombi, die RA se uitvoerende hoof, het die beplande weegbrug op Rundu bevestig.

“Dit is kritiek, veral noudat die vervoer van hout algemeen op die pad tussen Rundu en Divundu is.

“As mense in ag neem hoeveel dit kos om paaie te vervang, sowat N$140 miljard, is weegbrûe baie belangrik,” sê hy.

Sasele bevestig die toename in die vervoer van hout wek ernstige kommer by die RA – veral wanneer maatskappye bestaande weegbrûe vermy.

Hy sê die gebruik van tydelike weegbrûe word ook oorweeg om die skade van oorlading te verminder.

Dít is beperk totdat permanente weegbrûe aangebring kan word, en aksie teen oortreders geneem kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.02/OZ UP +0.79% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0034 | Zinc US$ 2 444.40/T DOWN -0.49% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP UP +1.11% | Platinum US$ 899.07/OZ UP +0.47%