Wedloop tussen topvyf bly vuurwarm

Klubrugby

12 July 2019 | Sport
Andrew Poolman - Elkeen van die naweek se drie wedstryde in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga kan 'n invloed hê op die uiteindelike kwalifisering van die vier semifinaliste.

Die liga staan einde se kant toe, met net vier naweke oor wat die finale stand van sake sal bepaal.

Die voorloper Trustco United (31 ligapunte) en die tweede geplaaste FNB Unam (29) ontmoet mekaar vanaand by die universiteitsveld. Dié twee spanne handhaaf die afgelope jaar 'n vuurwarm mededinging wat feitlik klokslag wipplank ry en met klein punteverskille besleg word.

In die eerste ronde vanjaar het Robbie Dickson se Filistyne se aan­skoulike tuisoorwinning met 41-33 vir Unam uit die eerste posisie gedruk.

• Môre kry die verdedigende kampioen FNB Wanderers (derde met 25 punte) te make met die hardnekkige Rehoboth-rugbyklub.

In die twee se eerste ontmoeting op die suidedorp het die Wit Hingste hulle so byna vasgeloop en kon baie verlig voel toe 'n laat strafdoel mis geseil het vir hul wentelling van 33-31.

Wanderers behoort môre op volle sterkte te wees, met die losvoorspeler Christo van der Merwe en agterspeler Jamie Joseph wat na verwagting hul terugkeer tot die eerste span kan maak.

Met die diepte en kaliber van spelers tot afrigter Vince Dreyer se beskikking, sal hy egter gewis hoër verwagtinge van Wanderers hê as die stotterende vertoning laas naweek teen FNB Western Suburbs. Swak foute het gereeld opgeduik om die span se momentum te stuit wanneer hulle byvoorbeeld 'n piepklein steelkant probeer gebruik en eenvoudig oor die kantlyn gedruk is.

Wanderers en Unam sluit hul groepwedstryde met opeenvolgende ontmoetings teen mekaar op 27 Julie en 2 Augustus af, nadat hul geskeduleerde wedstryd in die eerste ronde uitgestel is. Die semifinale is vir 17 Augustus bestem.

• Western Suburbs bevind hom tans in die vierde posisie, maar kan gewis nie gerus voel terwyl hy met Rehoboth in 'n wedloop gewikkel is om vir die semifinaal te kwalifiseer nie.

Die Khomasdallers reis na Walvisbaai vir 'n potensieel moeilike wed­stryd teen Kudus, wat ondanks sy wisselvallige seisoen steeds 'n invloed op die oorblywende wedstryde sal hê.

Kudus is straks nie die beste reisende span in die land nie, maar sy vroeër naelskraapse nederlaag met 28-31 teen die Windhoekers sal hom gerus laat moed skep vir die tagtig minute wat môre in Narraville voorlê.

Soortgelyk

 

Franse toeriste vas vir stukke olifanttand

2 dae gelede | Misdaad

Twee Franse toeriste is Donderdag in hegtenis geneem, nadat hul voertuig deur die polisie by die Rooidaghek ondersoek en hulle in besit van twee stukke...

NWR: verlies van N$149 miljoen in drie jaar

2 dae gelede | Regering

Die staatsbeheerde toerisme-agentskap Namibia Wildlife Resorts (NWR) het ’n verlies van N$149 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar aangeteken. Volgens die NWR se jaarlikse...

Hage vry na sakelui

3 dae gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het gister erken “dit mag té laat wees” om sommige van die land se probleme op te los.Geingob het...

Boer vang baba

3 dae gelede | Mense

Henriette Lamprecht – Soos ’n wafferse MacGyver het ’n boer van ’n plaas sowat 90 km van die naaste dorp gister van ’n skoenveter tot...

Helping people help themselves

3 dae gelede | Mense

Evany van WykMarjolize Scholtz has been a wellness professional for over 17 years. During her career her empathy towards people has grown immensely. Scholtz was...

Putting on a corporate suit of armour

3 dae gelede | Mense

Elizabeth Joseph Margaret Thatcher once quipped that if you want something said, ask a man. If you want something done, ask a woman. Langford...

Fuelled by ­creativity

3 dae gelede | Mense

Evany van Wyk “Every challenge is put on your path to groom you and build you and if I had the opportunity to change something...

A musician at heart

3 dae gelede | Mense

Queen, Mumford and Sons, as well as Koos du Plessis are all musical influences that Ruan Greeff, or John Rock Prophet as you may know...

Kalender 15 November

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Ephemera, ‘n groepuitstalling wat vandag by die Goethe-instituut open, handel oor vroue en hul liggaam. Die uitstalling bestaan hoofsaaklik uit vier...