WBO-kampioen kan Executioner nie meer lank ontduik

Boks

13 September 2018 | Sport
Die onoorwonne Walter Kautondokwa word tans tweede op die wêreldranglys van die Wêreldboksorganisasie (WBO) gereken en sy promotor, Nestor Tobias, sê die middelgewig se opmars is onafwendbaar om vir die WBO se wêreldtitel te veg.

Die enigste bokser wat voor “The Executioner” in die ry staan, is die Amerikaner Demetrius Andrade wat die nommer een aanspraakmaker op die titel van Billy Joe Saunders van Brittanje is.

Die wonderlike nuus uit die Namibiese oogpunt is dat Andrade binnekort (20 Oktober) in die TD Garden-sportkompleks in Boston, Massachusetts teen Saunders in 'n titelgeveg vir laasgenoemde se WBO middelgewigwêreldgordel deur die toue moet klim.

Ongeag die uitslag behoort die WBO dan vir Kautondokwa tot die verpligte nommer een uitdager vir die titelhouer te bevorder.

“Ek is hoogs tevrede met die vordering wat Kautondokwa tot dusver gemaak het.

“Dit was 'n lang reis tot hier en ek vertrou die WBO sal hom as die nommer 1 aanwys sodra Saunders en Andrade in die kryt klim. Maak nie saak wie wen tussen Andrade (25 gewen, geen verloor) of Saunders (26-0) nie, die kampioen sal teen Kautondokwa moet veg.

“Beide die manne het Walter reeds vir 'n lang ruk vermy en die tyd het nou vir hulle aangebreek om teen Walter te veg, of hulle daarvan hou of nie. Ons sien uit na die dag wanneer dit gebeur,” het Tobias gister in'n nuusverklaring gesê.

Tobias is seker dat Kautondokwa binne die eerste drie maande van 2019 teen Andrade óf Saunders deur die toue kan klim. In die tussentyd beplan Tobias nog een geveg vir sy man om hom op sy skerpste te hou.

“Ek weet Kautondokwa is die toekoms van die middelgewigafdeling. Sy werktempo en dissipline is ongelooflik hoog en ek kan nie wag dat hy Namibië se vyfde ­wêreldkampioen in die bokskryt word nie,” het Tobias afgesluit.

Kautondokwa is ná 17 beroepsgevegte steeds onoorwonne, waarvan hy almal behalwe sy debuutgeveg met uitklophoue beëindig het – die meeste daarvan binne die eerste twee rondes.



KRAGTIGE LYFHOUE

Sy gevreesde slaankrag en armlengte was te veel vir manne met beduidende ondervinding in die professionele arena, soos toe hy verlede jaar vir Obodai Sai (32 gewen, twee verloor) in sy tuisland Ghana gaan pap slaan het. Vier maande later het Meshack Mwankemwa van Tanzanië (17 gewen, drie verloor) ook by die Windhoek Buiteklub geknak.

Kautondokwa se enigste geveg sover in 2018 was op die onafhank­likheidsnaweek, toe hy Billi Godoy van Argentinië by die Ramatex-saal met 'n linkerhaakhou teen die kakebeen platgeslaan en die skeidsregter die geveg beëindig het.

Die 33-jarige vegter word trots deur die MTC Nestor Sunshine-promosies verteenwoordig.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

11 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

11 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

11 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

11 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

11 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

11 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...