WB-seisoen begin ontwaak
WB-seisoen begin ontwaak

WB-seisoen begin ontwaak

Op en van die veld word voorbereidings op verskeie vlakke gedoen.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Rugbyklubs behoort reeds vandeesweek die voorgestelde ligaprogram vir die komende seisoen te ontvang, om enige terugvoering te gee of besware aan te meld.

Sodra die ligaprogram goedgekeur is en die koste beraam kan word wat daarmee gepaard sal gaan, sal die Namibië Rugby-unie (NRU) in staat wees om ’n begroting op te stel en om potensiële borge vir die liga te nader, het die NRU-president mnr. Corrie Mensah gister gesê.

’n Enkele nuwe klub (Saint Lou van Rehoboth) het aansoek gedoen om in die NRU eerste liga ingesluit te word, maar dié aansoek sal eers op die volgende raadsvergadering goedgekeur kan word.

Die sewe klubs wat verlede jaar in die premierliga (asook in die reserweliga, met hul tweede spanne) meegeding het, bly onveranderd.

Volgens mnr. William Steenkamp wat die NRU-klubligas se program en uitslae hanteer, is die ligawedstryde bestem om op 30 Maart te begin en sal ’n sewesreeks ook in Februarie bekendgestel word.

Die NRU het die afgelope naweek sy eerste direksievergadering van die nuwe jaar gehad.

Komende Saterdag sal ’n spesiale vergadering vir spelers en klubkapteins gehou wat met die Namibiese Rugbyspelersvereniging se verteenwoordiger op die NRU-direksie verband hou.

Mensah sê die spelersverteenwoordiger was tevore ’n problematiese posisie omdat alle spelers van geaffilieerde klubs landwyd as lede kwalifiseer terwyl die liggaam vanweë praktiese logistieke beperkinge nie jaarvergaderings hou om ’n enkele verteenwoordiger aan te wys nie.

“By die jaarvergadering in Oktober verlede jaar het die direksie ’n spesiale mandaat van die raad (klubvoorsitters) aangevra vir hierdie vergadering om die vakante posisie van spelersverteenwoordiger te vul. Ons wil Saterdag ’n komitee saamstel wat die Spelersvereniging se grondwet op datum kan bring, sodat hulle ’n jaarvergadering met behoorlike kennisgewing kan reël.

Mensah meen ook regskennis ingespan moet word om die Spelersvereniging se grondwet op te knap.

“Indien ’n aspek soos die kworumvereiste nie in die grondwet uitgespel word nie, laat jy jou oop vir klagtes deur enige speler wat kan aanvoer dat hy nie verteenwoordig word nie.

“Die spelers se verteenwoordiger op die direksie moet die notule van sy liggaam se jaarvergadering kan voorlê om as kandidaat op die NRU-verkiesing oorweeg te word.”

Mnr. Jacky Husselmann, die NRU se visepresident vir bestuursake en voormalige internasionale skeidsregter, sal as voorsitter van die spelersvergadering optree.

Corné Powell, voormalige Namibiese kaptein in die 2003 en 2007 Wêreldbekers, het tevore as verteenwoordiger van die Spelersvereniging op die NRU-direksie gedien.

WÊRELDRUGBY

Volgens Mensah was hy en nog ’n NRU-direksielid laas week in ’n Skype-konferensie met vier lede van Wêreldrugby na aanleiding van die feitesending wat vroeg in Desember na Namibië afgelê is.

Mnre. Mark Egan (Wêreldrugby se hoof van kompetisies en hoëprestasie) en David Carrigy (Wêreldrugby se hoof van ontwikkeling en internasionale betrekkinge) het tydens hul driedaagse besoek verlede maand ontmoetings met alle rolspelers gehad om na die besware en standpunte rakende die dispuut tussen die NRU en die Namibië Rugbymaatskappy te luister.

Rugby Afrika se president, mnr. Abdoulaziz Bougja, en Wêreldrugby se diensbestuurder Steph Nel het ook aan die Skype-konferensie deelgeneem.

Volgens Mensah is Namibië kans gegun om te reageer op die verslag wat deur Egan en Carrigy opgestel is. Dié antwoorddokument is gister gestuur.

Mensah het gesê in dié stadium van die besprekinge sal dit nie raadsaam wees om in die media oor die vordering te bespiegel nie.

“Wêreldrugby bestudeer tans ons antwoorde en die onderhandelingsproses is dus in ’n sensitiewe periode,” sê hy.

Wêreldrugby het sy besteding in Namibië se hoëprestasieprogram tot 660 000 pond per jaar (nagenoeg N$11 miljoen) vir 2018 en 2019 vermenigvuldig.

Met dié soort geld gaan hoë verwagtinge gepaard en kommer bestaan dat Namibië geweldig baie het om te verloor indien die onenigheid tussen die NRU en die Rugbymaatskappy oor die pad vorentoe nie bygelê word nie.

Beduidende verliese sover het reeds ingesluit dat die Welwitschias uit die 2018 Curriebeker eerste liga onttrek is en dat die wolk van onsekerheid steeds oor die opbou na die 2019 Wêreldbeker, asook die toekomspad na afloop van die wêreldtoernooi hang.

Plaaslike spelers in die nasionale hoëprestasieprogram is sedert verlede week terug op die oefenveld ter voorbereiding op ’n seisoen waarin die Welwitschias na verwagting in April hul terugkeer tot die provinsiale SuperSport Uitdaagreeks sal maak.

Die kondisioneringsafrigter Sergio de la Harpe speel tot dusver die sentrale rol om die spelersgroep se fiksheid op standaard te kry.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107