Watertenks vir Windhoek se informele nedersettings
Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) en NamWater gaan vroeg aanstaande maand 105 mobiele watertenks aan informele nedersettings in die hoofstad voorsien. Die watertenks sal in die lig van die huidige uitbreking van Hepatitus E tydelike drinkbare water aan die nedersettings voorsien. Tot op hede het 31 mense positief vir die Hepatitus-virus getoets. Die munisipaliteit het ook hande met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), sowel as die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gevat om ander hulpbronne soos mobiele toilette en die skoonmaak van rivierbeddings teen die uitbreking in te span.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie