Watersuiweringsaanleg vir Eenhana se dors
Watersuiweringsaanleg vir Eenhana se dors
Instituut vir Geowetenskappe en Natuurlike Hulpbronne (BGR) het vandag 350 000 euro, oftewel N$5,8 miljoen aan NamWater en die ministerie van landbou, water en bosbou oorhandig vir die bou van ‘n watersuiweringsaanleg sodat watertoevoer na Eenhana verbeter kan word.
Dit volg nadat verskeie boorgate in die Ohangwena II-akwifer gesink is, wat uitsonderlike sterk water lewer, maar ongelukkig is die water nie geskik vir menslike gebruik nie. Dit bevat te veel fluoried en natrium.
Die bou van ‘n watersuiweringsaanleg by Eenhana, beteken dit sal voorts ‘n bykomende bron van water hê – iets wat nodig is omdat die dorp teen ‘n vinnige pas groei en binne die streek in die land val wat die tweede grootste bevolking het.
Boonop raak ander bronne van water vir die dorp toenemend onbetroubaar.Op die foto sit die ministerie se adjunk- permanente sekretaris, mnr. Abraham Nehemia (links) en sy personeel by dr. Vaino Shivute, hoof uitvoerende beampte van Namwater (aan die kop van die tafel). Regs is personeel van BGR.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie