‘Waterpark’ by stasie
Ds. Hein Schaaf van Suiderhof skryf: "Te oordeel aan die groen, geil groeiende gras loop die helderskoon stroom water al weke vanuit die onderste hoek by Freedom Park by die Windhoek-stasie dwarsoor die aangrensende straat. Wat van 'n nuwe naam vir dié seer oog-park en ewe seer oog-stasie en dan noem ons dit Water Park? 'n Vrou by TransNamib het vir my gesê sy het die lekkasie al by die munisipaliteit aangemeld, maar steeds stroom die strome van seën van TransNamib en die munisipaliteit vryelik ons strate in, en groei die gras by Freedom Park welig! Dankie tog, dit wil mos lyk of ons nie regtig nie 'n waterkrisis in Windhoek het nie. Of het ons?"
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie