Wateronderbrekings in Cimbebasia
Die Cimbebasia-woonbuurt in Windhoek ondervind tans wateronderbrekings weens ‘n gebarste pyp in Xamigaub-straat. Die Windhoekse munisipaliteit sê in ‘n verklaring watertekorte en of lae waterdruk sal gevolglik in sommige dele van die woonbuurt ervaar word. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya is ‘n instandhoudingspan reeds op die toneel en behoort watervoorsiening na verwagting teen 14:00 na normaal terugkeer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie