Waterkrisis vererger
Besparing val tot 24%
Augetto Graig
Waterbesparing in die hoofstad het van 32% tot net 24% verminder.
Hierdie feit is volgens die woordvoerder van Windhoek-munisipaliteit, mnr. Joshua Amukugo, beide teleurstellend en kommerwekkend. Inwoners moet tussen 35% en 40% minder water gebruik.
“Inwoners hoor nie ons pleidooi nie,” het hy gesê.
Volgens Amukugo is dit ’n wanopvatting dat die Windhoek-watertafel die stad vir 13 jaar van water kan voorsien. Die akwifer kan binne twee tot drie jaar leeggetap word as dit nie aangevul word nie.
Dit is herhaal dat die Swakoppoort-, Omatako- en Von Bach-dam byna leeg is. Infrastruktuur bestaan nog nie sodat die damme die akwifer kan aanvul nie.
Die watertafel is volgens die munisipaliteit geen langtermyn- of volhoubare oplossing om Windhoek se dors te les nie. Die vlakke van die akwifer is tans bloot redelik hoog weens goeie reënseisoene in die eerste dekade sedert 2000 en danksy heraanvulling van die watertafel tussen 2009 en 2011.
Die akwifer is op sigself ’n noodvoorraad.
NamWater se toevoer na die stad kan teen die einde van vanjaar droogloop as die reën nie kom nie. Selfs met bykomende boorgate, wat in totaal teen 2017 in 46% van aanvraag sal voorsien, herwinning (16%) en ’n bydrae van 8% deur NamWater sal daar teen volgende jaar steeds ’n tekort van 30% wees. Al uitweg bly volgens Amukugo om strykdeur minstens 40% minder water te gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie