Waterhouers vir Kunene
Die Namibiese Rooikruisvereniging het sedert die aanvang van sy Wash-projek (water, sanitasie en higiëne) 2 628 petrolkanne, waarin water gestoor kan word, en 5 000 watersuiweringstablette aan 2 304 huishoudings oorhandig.
Die vereniging het onlangs weer ’n inligtingsessie in die Otuzemba-gemeenskap in Opuwa gehou, wat deur 40 huishoudings bygewoon is en waartydens nog kanne en tablette uitgedeel is.
Die inligtingsessies is deel van die vereniging se ingrypings vir droogteverligting in die Kunenestreek en word deur die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (Usaid) gefinansier.
Die streek is een van dié wat die swaarste deur die droogte getref is. Dit hou ’n bedreiging vir gemeenskappe in omdat veilige en skoon water skaars is.
Die vereniging het 125 000 watersuiweringstablette beskikbaar gemaak, wat op ’n maandelikse basis aan geïdentifiseerde gemeenskape uitgedeel sal word.
Dié gemeenskappe loop die risiko om besoedelde water te gebruik.
Buiten bewusmaking fokus die ingryping ook op die opknapping van waterpunte en verbeterde toegang tot skoon water deur die verskaffing van waterhouers.
Tot dusver het die Rooikruis 13 waterpunte opgeknap, met ’n bykomende vyf wat in die komende weke voltooi sal word.
Die projek dek 35 nedersettings, vyf persele in Opuwa se landelike gebied en 14 skole in die streek.
Sowat 556 000 mense, hoofsaaklik in landelike gebiede, word deur die voortgesette droogte en waterskaarsste geraak. Byna 60 boorgate het ook al opgedroog.
Ondanks goeie reënval verswak weidingstoestande steeds in die meeste gedeeltes van die Kunenestreek, wat tot hoë sterftes onder lewende hawe lei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie