Waterbeamptes om staatsinstellings te monitor
Waterbeamptes om staatsinstellings te monitor

Waterbeamptes om staatsinstellings te monitor

Gerine Hoff
Waterbeamptes gaan by staatsinstellings aangestel word in die lig van die watertekort wat Namibië in die gesig staar.

In ’n mediavrystelling wat gister uitgereik is, het die waarnemende permanente sekretaris van die ministerie van landbou, water en bosbou, me. Sophia Kasheeta, gesê die kabinet het verlede week ’n memorandum vir ’n waterbesparingsveldtog goedgekeur.

Sy het gesê waterbeamptes wat onder personeel uitgesoek word, sal verantwoordelik wees vir die opsporing en herstel van lekkasies en om by staatskantore, skole, hospitale en korrektiewe dienssentrums ondersteuning aan die nasionale waterbesparingsveldtog te verleen

“Die ministerie en sy vennote het kragte saamgesnoer en sal ’n nasionale waterbesparingsveldtog aanpak. Die veldtog begin in Windhoek en sal mettertyd landwyd uitgebrei word.”

Namibië staar ''n ernstige watertekort in die gesig weens ’n volgehoue droogte oor die afgelope drie jaar. Pres. Hage Geingob het in Junie vanjaar ’n noodtoestand verklaar. Weens die swak neerslae sedert die 2013-2014-reënseisoen, is die drie damme (Omatako, Von Bach en Swakoppoort) wat water aan die hoofstad voorsien, byna leeg.

Volgens die jongste damverslag wat op 19 September deur NamWater uitgereik is, het Swakoppoort op 7,9 % gestaan, Von Bach op 17,9% en Omatako was heeltemal leeg.

Na verwagting gaan Windhoek teen Desember geen water meer hê indien niks gedoen word om water te spaar nie.

Twee waterbeamptes sal by elke staatsinstelling aangestel word om alle verbruikers oor die belangrikheid van instandhouding en watergebruik in te lig.

Die veldtog sal vir twee jaar duur en in September 2018 ten einde loop. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!