Wateraanleg staan twee weke stil

‘Moenie stelsel misbruik’

20 September 2019 | Regering
Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies en ander voorwerpe daarin was.

In tye van waternood, wanneer waterbesparings veroorsaak dat ‘n kleiner volume rioolwater die munisipaliteit se Gammams-watersuiweringsaanleg bereik, lei dit tot probleme met die gehalte van semigesuiwerde water.

Dit beteken dié water kan nie aan die WinGoc-aanleg (Windhoek Goreangab Operating Company) gelewer word, wat semigesuiwerde water moet suiwer sodat dit gedrink kan word nie.

Tans voorsien dié aanleg in tot 25% van die stad se water.

Me. Lydia Amutenya, munisipale woordvoerder, het gister bevestig WinGoc kon tussen 27 Augustus en 12 September geen drinkwater aan die stad lewer nie.

Dít omdat semigesuiwerde water van die Gammams-aanleg af nie op standaard was nie.

Gevolglik kon dit nie water aan WinGoc voorsien nie.

VERSIGTIG MET RIOOL

Windhoekers kan help met die behoud van hierdie waterbron deur nie misbruik van die stad se rioolstelsel te maak nie.

Die munisipaliteit se mnr. Dieter Tolke het die afgelope Dinsdag tydens ‘n openbare praatjie by die Namibië Wetenskaplike Vereniging ‘n beroep op stadsbewoners gedoen om nie te veel chemikalieë in dreine af te spoel nie en eerder vette op te vee as om dit met water weg te spoel.

Hy het verduidelik ‘n laer volume rioolwater gaan dikwels gepaard met ‘n sterker konsentrasie van chemikalieë, vette, olies en ander voorwerpe daarin. Dit raak Windhoek se watersuiweringsprosesse.

“In tye van waternood is dit belangriker as ooit dat mense nie die rioolstelsel misbruik nie. Gebruik eerder biologiese skoonmaakmiddels as chemikalieë en moenie dat afvalkos of ander soliede voorwerpe, soos sanitêre produkte, in die rioolstelsel beland nie,” het Tolke gesê.

Hy het voorgestel mense oorweeg om eerder biologiese skoonmaakmiddels soos sitrusprodukte, asyn en koeksoda in onder meer toilette te gebruik.

“Vee asseblief eerder vette met handoekpapier op en gooi dit in die asdrom,” het hy gesê.

VOLUME ‘N KWESSIE

Amutenya het verduidelik die Gammams-watersuiweringsaanleg het ‘n sekere minimum volume rioolwater nodig om genoeg “rou water” aan WinGoc te voorsien, wat dan drinkwater lewer.

“Tydens Desember-vakansies verlaat Windhoekers die stad om te gaan vakansie hou. Dit lei tot verminderde waterverbruik in die stad, wat beteken minder rioolwater bereik die Gammams-aanleg,” het sy gesê.

“Dit veroorsaak dat Gammams minder semigesuiwerde water produseer, wat beteken WinGoc moet óf minder drinkwater produseer óf heeltemal afgeskakel word,” het Amutenya gesê.

Sy sê as die suiweringsaanleg tot ‘n stilstand kom, veroorsaak dit ‘n tekort aan water. Om op te maak hiervoor, word meer water uit die Windhoek-akwifer gepomp.

Vroeër vandeesmaand het die munisipaliteit aan Republikein gesê tans word water reeds teen ‘n koers, wat ver bo volhoubare vlakke is, vanuit die Windhoek-akwifer onttrek. Dit, weens die stad se nypende watertekort.

[email protected]

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...