Water word 5% duurder

Deel van jaarlikse hersiening

03 July 2019 | Regering
Jana-Mari Smith - ‘n Algemene 5%-verhoging van die watertarief in die meeste verbruikerskategorieë, asook ‘n hersiene droogtetariefstruktuur in pas met streng waterbeperkings wat sedert Maandag geld, is verlede week deur die stadsraad goedgekeur.

Die stadsraad se Junie-agenda toon dié 5%-aanpassing is goedgekeur om van 1 Julie af te geld.

Hiervolgens strook die nuwe droogtetariefstruktuur ook met pogings om waterverbruik in “moeilike tye” te beheer “sodat die skaars hulpbron bewaar kan word”.

Die stadsraad is glo in kennis gestel Windhoek se watertariewe is “ver onder soortgelyke tariewe van ander plaaslike owerhede landswyd”.

In die stadsraad se agenda word aangedui die doel van die droogtetariefstruktuur is om die vereiste waterbesparingsteikens in die waterbestuurplan se verskeie kategorieë te behaal.

Die huidige teiken vir waterbesparing is 15%, soos vereis deur kategorie D van die munisipaliteit se waterbestuurplan, wat op ‘n ernstige waterskaarste dui.

Hoewel die tariewe dieselfde in alle kategorieë bly, is die afsnypunte waar straftariewe in werking tree in elke nuwe kategorie verlaag.

Hoewel hierdie tariewe nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie, beteken die 5%-verhoging huishoudings sal waarskynlik N$34,64 per 1 000 liter betaal as hul totale maandelikse waterverbruik tussen 6 000 l en 25 000 l is.

Dít volgens ‘n waterverbruiktabel wat tariewe aandui.

Die tabel wys ook huishoudings wat tussen 25 000 l en 30 000 l water per maand gebruik, sal N$69,29 per 1 000 liter betaal.

Dit kom op ‘n voorgestelde verhoging van 14% as straftarief neer, as dit met die 2018-’19-tariewe vir kategorie D vergelyk word.

Verbruikers wat meer as 30 000 l per maand gebruik, sal ‘n straftarief van N$138,57 moet betaal. Dit is ‘n 2%-verlaging binne kategorie D. Voorheen was die straftarief vir diegene wat meer as 30 000 l gebruik N$141 per 1 000 l.

‘n Verhoging van 5% tree ook in werking as dit by die basiese watertarief vir beide huishoudelike en nie-huishoudelike verbruikers kom.

Die 5%-verhoging is minder as die 10% wat aanvanklik voorgestel is. ‘n Verhoging van 5% vir riooltariewe is ook in Mei deur die munisipaliteit aangekondig.

In die agenda word gemeld die verhoging van tariewe is deel van ‘n jaarlikse hersiening, wat nodig is om direkte sowel as indirekte kostes te dek.

Die agenda sê NamWater het goedkeuring van die kabinet ontvang om hul tarief vir waterverskaffing in grootmaat met 5% te verhoog.

Die stadsraad is glo ingelig dat die 5%-verhoging in watertariewe gebaseer is op die feit dat NamWater se tarief verhoog, asook op inflasie, die huidige nasionale ekonomiese toestande, ‘n verhoogde brandstofprys, konsultasies met belangegroepe, agterstallige skuld asook bykomende koste verbonde aan die behandeling van die water.

Die stadsraad is in kennis gestel die energiekoste om water van reservoirs, bergingfasiliteite en boorgate na kliënte te versprei asook tussen reservoirs is nie tans beskikbaar nie en is ook nie by die tariefaanpassing ingesluit nie.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

8 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

8 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

8 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

8 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

8 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

8 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...