Water vir Etoshapan
Satellietfoto's toon duidelik die Etoshapan het water gekry. Nasa se Terra-satelliet het dié twee foto's bykans 'n maand uitmekaar geneem – die eerste op 11 Desember 2019 en die volgende op 17 Januarie 2020. Die Etoshapan is 130 km breed en 50 km lank, en is met talle klein stroompies verbind, wat van so ver as Angola af begin vloei. Dit moet heelwat reën voor die pan water kry, met die Ekumarivier as die opmerklikste liggaam wat die pan van water voorsien. FOTO NASA
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie