Water Maandag uit Hardap gelaat
Water is Maandag uit die Hardapdam gelaat om die Neckertaldam-bouprojek van water te voorsien. Lede van die gemeenskap, veral reisigers wat oor die Visrivier ry, inwoners asook boere langs die rivier word versoek om die nodige voorsorgmaatreëls te neem om hul veiligheid te verseker. Daar is egter steeds genoeg water om in die volgende 18 maande gewone besproeiings te laat voortgaan, sê ‘n verklaring van NamWater. Foto Frikkie Blaauw
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie