Water die sleutel vir voedselsekerheid
Water die sleutel vir voedselsekerheid

Water die sleutel vir voedselsekerheid

I miljard mense sonder varswater
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher – Die moontlikheid van droë krane vir ’n wêreldstad soos Kaapstad en die onvermoë om die situasie oor die kort termyn om te keer, het nuwe betekenis aan die belangrikheid van water gegee.

Ter voorbereiding van ’n vergadering van ’n subkomitee van die Kaapstadse stadsraad Vrydag, is ’n omvattende verslag oor die aanloop tot en moontlike implikasies van die huidige waternood van die stad gepubliseer.

Hieruit is dit duidelik dat die probleem nie oornag ontstaan het nie en dat langdurige droogtes en/of ondergemiddelde reënval en ongekoördineerde beleidstoepassing tussen verskillende regeringsvlakke beduidend was. Dit lê aan die wortel van die oorsaak, gevolge en regstelling.

Die feit dat die sogenaamde Dag Zero tans uitgeskuif kon word omdat inwoners gehoor begin gee aan oproepe om minder water te verbruik, wetstoepassing meer doeltreffend is en omdat landbou se verbruik tegnies gestop is, is tekenend van die verkeerde aanwending van water in die verlede.

Vermorsing word beperk en verskillende staatsdepartemente het begin saamwerk. ‘n Mens kan nie anders as om te vra waarom dit nou eers gebeur nie.

ANDER STEDE

Kaapstad is egter nie die enigste wêreldstad wat waternood ervaar nie. Die BBC berig dat elf ander megastede dieselfde paadjie, maar om verskillende redes, kan volg. Hieronder tel Londen, Miami, Mexiko Stad, Djakarta, Beijing, Sao Paulo, Tokio en ander.

In 2008 moes Barcelona al per skip van vars water voorsien word. Tenkskepe wat tot 28 miljoen liter water per keer vervoer het, het letterlik vir maande lank die druk so verlig.

Die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) berig gesaghebbend oor die stand van vars water, want alhoewel 70% van die aardoppervlakte uit water bestaan, is slegs 3% daarvan vars.

Meer as ‘n miljard mense het geen toegang tot varswater nie en nagenoeg 2,7 miljard het ten minste een maal per maand nie genoeg water nie.

‘n Opname van 2014 toon dat van die wêreld se 500 grootste stede, ‘n kwart onder druk was wat hulle waterbronne betref. ‘n Mens sou dus kon sê dat Kaapstad se probleme net die oortjies van die spreekwoordelike seekoei is; bygesê, as dié seekoei nog genoeg water het om sy groot lyf te bedek.

Die feit is dat die vraag na varswater teen 2030 die aanbod met 40% kan oorskrei. Dit op sigself hou geweldige uitdagings vir globale ontwikkelingsdoelwitte in, want soos in die geval van Kaapstad, word ‘n stad en ‘n streek se ontwikkeling ernstig geknou as gevolg van die gebrek aan water.

LANDBOU

Dié stad en omstreke is tans nog aan die begin van die probleme, want sektore soos die landbou waar water in die verlede gebruik kon word om produksie te intensifiseer, sal nou anders moet dink.

Die meeste vars water word vir landboudoeleindes aangewend, maar terselfdertyd is sodanige verbruik ook onderworpe aan van die grootste besoedeling.

Dit het dringend regstelling nodig, maar daar is ook bewyse dat tegnologiese vernuwing waterekonomie kan verbeter. Indien Kaapstad vroeër sulke tegnologie kon aanwend, natuurlik binne ‘n komplementerende beleidsomgewing, was die huidige uitkoms dalk anders.

Die tragiese is dat die gebrek aan voldoende water vir die landbou eers in die jare wat kom, gevoel sal word. Boorde word noodwendig uitgehaal en die aanplanting van nuwe kultivars moet wag, wat weer ‘n impak kan hê op die mededingendheid van die bedryf.

Onvoldoende water sal ontwikkeling strem en die stryd tussen water vir voedselproduksie en water vir menslike verbruik waar die platteland ontvolk en stede geweldig groei, sal voortdurend herkalibreer moet word.

Verwaarloosde infrastruktuur wat skaars varswaterbronne besoedel, kan nie meer bekostig word nie en wetstoepassing moet verskerp word.

Riviere in en rondom die meeste Chinese stede is eenvoudig te besoedel vir gebruik. Volgens berigte is daar standhoudende riviere in Suid-Afrika wat dieselfde pad kan loop.

Voedselsekuriteit het nie net te make met bekostigbaarheid nie – veilige voedsel is ewe belangrik en as water in die pad staan daarvan, is dit ’n belangrike sleutel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!