Wat wil Kim Jong-oen van Trump hu00ea?
Wat wil Kim Jong-oen van Trump hu00ea?

Wat wil Kim Jong-oen van Trump hê?

Pres. Donald Trump het Kim Jong-oen se uitnodiging aanvaar om hom in Suid-Korea te besoek.
Donald Trump, die Amerikaanse president, en Kim Jong-oen, die Noord-Koreaanse leier, het Vrydag die ondenkbare reggekry deur Koreaanse popmusiek en skindernuus oor sterre en glansmense op sosiale media te klop.

Dit volg nadat Trump Donderdag Kim Jong-oen se uitnodiging aanvaar het om hom in Suid-Korea te besoek.

'n Suid-Koreaanse afvaardiging het die uitnodiging aan Trump oorgedra.

Die ontmoeting sal volgens The Washing­ton Post al teen die einde van Mei plaasvind.

'n Suid-Koreaanse afvaardiging het Kim verlede week in Pjongjang besoek. Dit was gedurende dié besoek dat Kim aangedui het dat hy graag vir Trump sal wil ontmoet en oor Noord-Korea se kernwapenprogram wil praat. Tsjoeng Eui-jong, die leier van die afvaardiging, het dít Donderdag by die Withuis in Washington vir verslaggewers gesê.

Volgens Anna Fifield, hoof van The Washington Post se Tokio-buro, was vier van die onderwerpe wat Vrydag­oggend op Twitter in Suid-Korea die meeste bespreek is dié oor die toekomstige ontmoeting tussen Trump en Kim.



Skepties

Maar talle kenners is skepties oor dié skielike wending nadat Trump en Kim mekaar die afgelope paar maande lank sleggesê het en deur die media gedreig het. Jeffrey Lewis, 'n Amerikaanse politieke analis, sê Kim het nie vir Trump uitgenooi sodat hy sy wapens kan neerlê nie. Lewis en ander kenners meen Trump is uitgenooi sodat Kim sy respek kan afdwing deur 'n demonstrasie van sy belegging in kernwapenmissiele en omdat hy soos 'n eweknie behandel wil word.

Lewis sê Noord-Korea wil al meer as 20 jaar lank 'n beraad met Amerika hou sedert Kim Jong-il vir Bill Clinton uitgenooi het.

Daar is selfs glo 'n Noord-­Koreaanse fliek, The Country I Saw, waarin 'n Amerikaanse president Pjongjang besoek en besluit om Kim Jong-oen as 'n waardige eweknie te behandel nadat hy sy wapens gesien het.

Die Noord-Koreaanse ambassadeur in Amerika, Pak Song-il, het egter aan Fifield gesê dat die uitnodiging “oopkop” en “dapper” is en dat Kim graag 'n oplossing deur middel van gesprekke wil bereik.

Kenners

Maar in The Washington Post sê analiste hulle is skepties oor wat Trump vir Kim kan bied in ruil vir Noord-­Korea se aanbod om op te hou om kernwapens en missiele te toets.

Volgens 'n senior Withuis-­beampte, wat anoniem wou bly, is daar nie veel wat Trump in ruil kan bied nie.

“Wat gaan hulle onderhandel?” vra Lisa Collins, wat die Koreaanse leerstoel by die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies (CSIS) beklee.

“Twee maande gee 'n mens baie min tyd om 'n plan te maak.”

Die bekroonde joernalis Nicholas Kristof sê in The New York Times dat Trump se aanvaarding van die uit­nodiging 'n enorme waagstuk is.

“Die regte manier om 'n beraad te hou, is met deeglike voorbereiding sodat die vergadering vrede bevorder en nie net erkenning aan Kim se regime gee nie,” skryf Kristof.

“As Kim dink dat Trump Amerikaanse troepe uit die Koreaanse skier­eiland sal onttrek, kan die hele beraad letterlik ontplof,” sê hy.

Kristof meen 'n beraad wat misluk, kan die situasie tussen Amerika en Noord-Korea vererger.

Boonop is Trump, volgens Kristof, bekend daarvoor dat hy in vergaderings in Washington beloftes maak en dat woordvoerders dikwels daarna moet verduidelik dat hy nie bedoel het wat hy gesê het nie.

“Dit sal baie meer problematies wees as Trump hom tot 'n onbedoelde onderneming met Noord-Korea verbind.”

Volgens Kristof moet Trump wel 'n bietjie krediet vir die uitnodiging kry omdat hy ekonomiese druk op Noord- Korea geplaas het. Verder het sy ­dreigemente dalk nie vir Noord-Korea bang gemaak nie, maar dit het Suid-Korea genoop om tussenbeide te tree.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!