Wat wag nog alles op ons?
WIMPIE KRUGER VAN WINDHOEK SKRYF:
Ek verwys na die brief van Tommy in Republikein van 2 April 2020, "Inhokking se tol gaan groter wees".
Ek wil net sy argument beter verduidelik as ek kan. Hy noem 600 000 mense gaan jaarliks wêreldwyd dood weens gewone griep en/of longontsteking wat ook 'n virus is. Die virus en Covid-19 het dieselfde simptome. Volgens Tommy sal die coronavirus nog 5 50 000 lewens moet eis om die getal te bereik.
Was die coronavirus nie maar voorheen gediagnoseer as griep of longontsteking en ingesluit by die 600 000 nie?
Wat wel seker is, is dat die coronavirus 'n mutasie ondergaan het wat dodeliker as gewone griep en longontsteking is. Nog nooit is 800 sterftes op een dag in een land as gevolg van griep aangemeld nie.
Daarom is die regulasies van die regering van Namibië noodsaaklik en korrek.
Dit bring my by die toekoms van ons as burgers van Namibië. Wat sal ons mag en nie mag doen nie ná die regering en spesifiek die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste besluit het die coronavirus is onder beheer?
Ek is onbewus van enige entstof wat 100% suksesvol teen 'n virus is. Korrigeer my as ek verkeerd is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie