Wat van mans?
Ek het dit al vantevore gevra.
Aangesien Augustus Vrouemaand in Suid-Afrika is en 9 Augustus Vrouedag in Suid-Afrika was. Maar wat van mans?
Vrouedag is eintlik 'n herdenking van die byna 20 000 vroue wat in 1956 'n optog na die Uniegeboue in Pretoria gehou het teen Suid-Afrika se paswette. Teen die gewraakte pasboekie wat segregasie verseker het en apartheid gehandhaaf het.
Tydens Vrouemaand is daar allerhande veldtogte teen geweld teen vroue, en vir die ontwikkeling en opheffing van vroue.
Op sosiale media en in tydskrifte word vroue opgehef, geprys, gepaai en gepamperlang. En dit hoort ook so.
Maar wat van mans?
Hoekom is daar nie so iets vir mans nie? 'n Mannedag of 'n Mannemaand nie?
Begin die geweld teen vroue nie juis by mans met probleme nie? By mans wat as kinders dalk dik gemoer is en fisiek en emosioneel mishandel is nie? Mans wat grootgeword het met 'n onbetrokke pa of ma of wat onder ouers wat alkoholiste is, moes deurloop? Mans wat geleer is jy moet 'n vrou “dissiplineer”, want dis wat hulle pa's gedoen het?
Hoeveel sulke mans is daar in Namibië?
En hoeveel mans is daar wat alleen verantwoordelik is vir die finansiële versorging van hul gesinne? Mans wat knak onder die stres van alleenbroodwinner wees en nie weet waarnatoe met daai stres nie? En dan knoop hulle affairs aan, drink, doen drugs, kry hartsiektes, maagsere of slaan hulle vrouens en kinders? Of hulle loop rond met die stres, krop dit op, maak van hulle harte diep moordkuile en eendag knak hulle en pleeg moord, selfmoord of skryf 'n kar af.
Hoe kan jy 'n gesonde beskermer en voorsiener vir jou gesin wees as jy nie werk het nie? Of as jy ander probleme het?
Hoeveel mans is daar in Namibië wat gay is, maar in die kas moet bly omdat sekere lede van die samelewing geen begrip of respek hiervoor het nie? Omdat sekere lede van die samelewing steeds op die morele ontwikkelingsvlak van vyfjariges is en dink als wat anders is, is “verkeerd”.
Hoeveel mans is daar in Namibië wat ook al verkrag of gemolesteer of mishandel is, maar moet maak asof dit nooit gebeur het nie, want “dit gebeur mos nie met mans nie”?
My punt is mans het ook issues. Allerhande soorte issues. En vrouens se issues is nie onafhanklik van mans se issues nie. Die een geslag het issues juis omdat die ander geslag issues het, en andersom.
Is dit nie tyd dat ons die kwessies waarmee Namibiese mans van alle vlakke van die samelewing worstel, ook aanspreek nie?
Sal dit nie help as daar ook veldtogte is wat nie net die slagoffer nie, maar ook die oortreder van verkragting of mishandeling of geweld help nie? Of veldtogte wat manlike slagoffers van werkloosheid, armoede, stres, diskriminasie en mishandelende vroue of wat ook al, help nie?
As daar 'n maand is waartydens spesiaal op vrouekwessies gefokus word, moet daar een vir mans ook wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie