• Tuisblad
  • Ongelukke
  • Wat sê Windhoek oor beplande veranderinge aan die Westelike verbypad?

Wat sê Windhoek oor beplande veranderinge aan die Westelike verbypad?

Maria Eiseb
Sommige lede van die gemeenskap voel die beoogde veranderinge aan die Westelike verbypad is nie ’n oplossing vir die toename in ongelukke waarby voetgangers en voertuie betrokke is nie. Party Windhoekers sê die pad is te nou en daar is nie genoeg ruimte vir padgebruikers nie. Ongelukke is dus moeilik om te vermy. Windhoekers glo ook padgebruikers moet hul gedrag verander om voetgangers in ag te neem. Republikein het met lede van die gemeenskap hieroor gesels.

Claudia Namises

"Ek is dankbaar oor die veranderinge wat op daardie pad aangebring gaan word. Spoed is die eintlike probleem en dit het al baie lewens geëis. Ons as die gemeenskap is ook baie hartseer oor die seuntjie wat onlangs doodgery is. As die mense net ’n bietjie stadiger ry, kan lewens dalk gered word. Dit sal in die belang van die kinders wees, want hulle verloor hul ouers en voogde."

Christina Kandjii

"Vir my is die enigste oplossing spoedhobbels. Na elke 100 m moet ’n spoedhobbel aangebring word, daardeur sal lewens miskien gespaar word. Dit is ’n baie gevaarlike pad ook."

Selma Kalumbu

"Ek het by Concordia skoolgegaan en dit is baie sleg as jy hoor iemand is doodgery of daar was ’n ongeluk. Ek ondersteun die veranderinge en stem 100% saam."

AH Nangombe

"Daar moet meer snelstrikke op die pad gestel word. Die mense sal steeds die spoed ry al word dit verminder en hulle sal steeds die padtekens sien. Eers as daar meer verkeerspersoneel op die pad is, sal dit ’n verandering bring. Meer veiligheidsbeamptes op die pad, minder ongelukke. Die aansluitings moet ook gesluit word, soos die een by Pionierspark."

Bernard

"Hulle spreek net die gevolge aan en nie die oorsaak van die hele probleem nie. Die rede waarom die Westelike verbypad gebou is, het verander. Hoe kon die stadsbeplanners woonbuurte om die pad bou en verwag die mense moenie oor die pad stap na die volgende buurt toe nie? Die hele probleem is die infrastruktuur, en ons almal weet hoe frustrerend dit is as iemand stadig ry. Almal wil 100 tot 120 km ry. Dit sal ook nie help om die spoedgrense te verander nie. Hulle het ons gefaal. Vir sommige van ons is die Westelike verbypad ’n stresverligter - veral as jy ná die druk verkeer in die stad met die verbypad huis toe kan gaan."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!