Wat ek by my ma geleer het
Ma's en dogters het ingewikkelde verhoudings, maar wanneer jy dit eendag kan regkry om op te hou boekhou van die kwaad (lees “grootword”), kan jy haar uiteindelik waardeer vir die bydrae wat sy tot jou lewe gemaak het.
Ek het my ma in 2016 laas gesien – as jy 'n kind alleen grootmaak, is geld vir kuier in die buurland (of enige ander plek) net nie beskikbaar nie. Mense verstaan dikwels nie hoe ek al byna 'n jaar en 'n half hier woon en steeds nie die Suide of die Noorde of watter windrigting ookal daar te sien is, gesien het nie. Dis nie duur nie, sê almal altyd. Maar niemand verstaan dat daar eenvoudig nie geld vir rondry is nie. Petrol kos geld.
As die skool, huur, Wi-Fi, kar en Spruit se draadjies eers betaal is, en die honde se magies is vol, dan is die “spaargeld” wat oor is vir kos.
Daar lê eenvoudig nie 'n los N$100 rond nie. En met 'n los N$100 gaan ons in elk geval nie ver kom nie.
Maar die Universe het 'n weldoener met ekstra lugmyle oor my pad gestuur, en as alles goed gaan, sien ek my ma in Augustus, vir my 45ste verjaarsdag.
So, op die vooraand van haar besoek probeer ek weer met mening toepas wat ek by haar geleer het:
- Dis lekkerder om te lag as om te huil, so lag liewer. In fact, lag tot jy huil, dan huil jy sommer nóg lekkerder.
- Sorg dat jy so ver moontlik reg spel – mense gaan dink jy's dof en dom as jy nie die moeite doen om reg te spel nie. En vrot spel het niks met domgeit te doen nie - meer met luigeit.
- Eerder bangjan as dooiejan. Wees eerder 'n paranoid ma met 'n lewende kind as 'n don't care-ma met 'n kind in gips of krukke. Dis goedkoper.
- As jy elke dag 'n klein stukkie leer, is eksamens eintlik soos vakansie.
- Sny jou naels gereeld. Lang naels maak kinders en babas seer.
- Droog tussen jou tone en agter jou ore af.
- Eet reg en slaap genoeg, dan kan jy amper enigiets handle.
- Ent jou kinders in, vat hulle jaarliks tandarts toe en sorg dat hulle 'n roetine het. Roetine laat hulle veilig voel.
- Moenie kinders kry as jy nie bereid is om hulle self groot te maak nie. Jou kind is jóú verantwoordelikheid, niemand anders s'n nie. Kyk self dat jou kind nie verdrink nie – moenie dink iemand anders sal nie. Dis nie hulle verantwoordelikheid nie.
- Roosterbrood met Bovril kan enigiets fix. Marie-beskuitjies ook.
- Moenie bitsig wees nie – 'n bitsige vrou adverteer net haar swak selfbeeld. En gewoonlik is sy net bitsig omdat sy bang is haar man hou van jou.
- Bly op die warmste tyd van die dag uit die son uit en maak altyd jou kursus antibiotika of watter medisyne ook al klaar.
- Mens skree nie op 'n dier nie. Mens vloek ook nie 'n dier nie. Diere is ook mense.
- Moenie mense vertrou wat nie van diere hou nie.
- Klein kindertjies is ook mense. Moenie met hulle praat asof hulle dom is nie. Vryf hulle handjies as hulle histeries is. Dit help.
- Plig voor plesier. Eet die slegste kos eerste (hiermee is ek besonder goed, ek eet sommer alles eerste). Eet eiers en kool – dis cheap en gesond.
- Skryf netjies (op hierdie gebied het ek heeltemal misluk).
- Hoogmoed kom tot 'n val, intelligensie is nie alles nie, en looks ook nie.
- Tel jou seëninge. Elke dag.
- En laastens - was jou nek.
Dankie Moerie, hierdie werk vir my.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie