Wat dryf die vraag na voedsel?

07 February 2017 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher



'n Groter aanbod van landbouprodukte beteken meer as 'n beduidende ommeswaai weg van te min kwaliteit produkte wat pryse in die rooi gedruk het.

Nie lank gelede nie het bekende kettinggroepe met kennisgewings op winkelrakke verbruikers om verskoning gevra vir swak kwaliteit en selfs gesê dat hul rakke eerder leeg staan as wat produkt­e van onaanvaarbare kwaliteit aangebied word.

Die verbeterde aanbod van byvoorbeeld groente en vrugte val tans vas aangesien laer pryse nie die verbruiker vinnig genoeg kan oorhaal om meer te koop nie. Die gevolg is wisselvallige pryse.

Daarmee saam word

aggressief geadverteer om munt te slaan uit goeie aanbiedinge op groente en vrugte, waarvan die pryse laer is as verlede jaar.

Dit lyk egter of selfs dít nie die verbruiker aanspoor nie.



Rooivleis duurder

Andersyds is rooivleis­pryse besig om siklies te styg te midde van normale seisoenale stygings, want 'n paar aspekte is van belang. Eerstens is daar normaalweg nie baie markklaar diere in die eerste kwartaal van 'n jaar beskikbaar nie en gevolglik die lae seisoenale aanbod.

Tweedens herstel verbruikers selfs tot in Februarie nog van oorbesteding tydens die feestyd en gevolglik word gesny op rooivleisaankope.

Derdens word daar groot gewag gemaak van verminderde bemarking, omdat boere noodwendig kuddes moet herbou ná die droogte.

Verbruikers sal bereid moet wees om hul hand diep in die sak te steek – en dié sakke sal diep moet wees as rooivleis hoog op die inkopielys bly. Vervolgens het baie verbruikers ook hulle vleistande getrek, want met besteebare inkomste onder druk, kry goedkoper proteïenbronne voorkeur.

Geen wonder daar word voorspel dat die vraag na hoendervleis – gemeet aan die verwagte groei per kapita – veelvoudig meer as dié van byvoorbeeld beesvleis toeneem nie. Moenie verbaas wees as die rooivleisbedryf by die punt kom waar normale slagting kuddebou volg, en laer pryse nie die vraag gaan stimuleer soos wat nou verwag word nie.

Dié verskynsel staan in leketaal bekend as die onomkeerbaarheid van die vraag. Dit beteken terwyl die bedryf kuddes bou, verander die ekonomie.

Die verbruiker se mandjie verander daarmee saam en raak goedkoper vervangingsprodukte soos hoendervleis.

Die terugkeer na vorige verbruikspatrone is dus baie moeilik, want met die verhoogde of selfs bestaande vraag na hoender, bly dié produsente op die voorpunt van produk­ontwikkeling.

Die huidige debat in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf en veral die kommentaar van buite die landsgrense, gaan uiteindelik lei tot betekenisvolle herstrukturering wat die plaaslike bedryf meer mededingend gaan maak. Die gevolg is dat dit nog moeiliker gaan word om verlore markaandeel in te haal in bedrywe wat meeding om die verbruiker se vleisrand.

Die ekonomie is allesbehalwe stimulerend van aard en dit is verkeerd om te verwag dat 'n groter aanbod met laer pryse, vraag beduidend sal stimuleer.

Dit kan wel help om vraag in stand te hou en die verbruiker nie verder te vervreem van basiese voedsel nie. Al sou die verbruikersprys van stapelvoedsel soos mieliemeel met die helfte daal, sal die verbruik daarvan nie noodwendig toeneem nie.

Dit sal prysvoos verbruikers laat asem skep, maar soos in die geval van 'n drenkeling, is sy onmiddellike behoefte suurstof en nie watter styl geswem moet word om uit die moeilikheid te kom nie.



Namibië

Die jongste opname oor huishoudelike inkomste en uitgawes weer­spieël interessante tendense, maar bied nie genoeg inligting om besluite ten opsigte van vraagontwikkeling te rig nie.

Die jongste Namibiese­ syfers dateer terug tot Junie 2012 en die Suid-Afrikaanse opname is gedoen vir die tydperk 2014/2015. In beide gevalle is inkomste-ongelykhede beduidend, maar met afnames oor tyd.

Armoede in Namibië het afgeneem sedert die vorige opname in 2003/2004, maar nog nie beduidend genoeg om die fokus te verskuif van armoedevermindering na vraagstimulering nie.

In Namibië is salarisse­ en lone vir bykans 50% van die ekonomies aktiewe bevolking die hoofbron van inkomste (Suid-Afrika 73%), met 23% wat afhanklik is van bestaansboerdery.

Kommersiële landbou het volgens die opname minder as 1% bygedra tot inkomste. Verstedeliking dra by tot verhoogde inkomste en besteding, en wel bykans drie keer soveel as in die landelike gebiede.

Dié feite toon die belangrikheid van landelike ontwikkeling, wat verder moet strek as net die opheffing van mense.

Soos verwag kan word, oorheers besteding aan kos en drank in huishoudings waar vroue aan die hoof is, dié waar mans aan die hoof staan. In ­Suid-Afrika oorheers besteding aan behuising en energie, met besteding aan kos en drank in die vierde plek. Toenemende besteding aan kommunikasie is by beide lande opmerklik.

Ongelykhede in inkomste is duidelik waarneembaar in beide lande, maar die feit dat gemiddelde inkomste meer as dubbel die mediaan-inkomste is in Suid-Afrika, dui op aansienlike gapings. Dit geld veral vir stedelike Suid-Afrika, met 82% van verbruiksbesteding.

Beter vooruitsigte aan die aanbodkant sal kommoditeitspryse afdruk en sodoende wel vir die verbruiker kans gee om asem te skep.

Daar kan egter nie verwag word dat verbruik voldoende gaan toeneem om die verliese wat produsente gely het, uit te wis nie.

Soortgelyk

 

Chinees van dieremishandeling aangekla

5 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Klag van dieremishandeling is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Windhoek teen die eienaar van 'n Chinese konstruksiemaatskappy, Orient Dragon Construction (ODC),...

'Moenie in Kavango visvang'

5 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Weens die uitbreking van miltsiekte in die Bwabwata Nasionale Park word die publiek gewaarsku om nie in die Kavangorivier vis te vang,...

Emotional intelligence = higher salary?

5 ure gelede | Onderwys

While IQ remains a very strong predictor of career success, research suggests that people with high emotional intelligence (EI) are more likely to have higher...

Nou aan die gang

5 ure gelede | Kuns en vermaak

» Namkid, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Sosiale Splash-veldtog aan. Hierdie veldtog fokus daarop om Namibiërs te verenig en om saam...

Analysing the finance industry

5 ure gelede | Onderwys

Shona NgavaAgapitus Ipinge is an Investment Banking Analyst from Standard Bank, as a prerequisite is to make sure that he talks to company executives and...

NSFAF-begroting geblaas

5 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Me. Erica Shafudah, permanente sekretaris van finansies, sê die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) het reeds met dié week se beskikbaarstelling...

Weer vir 20 Oktober 2017

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Dit sal koel in die /Kharasstreek in die oggend wees. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste met enkele donderbuie...

What Soft Skills Do PR Specialists Need?

5 ure gelede | Onderwys

Those who want to work as public relations specialists should have these soft skills, which are attributes one is either born with or gains through...

Phoniker Orchestra sweef deur dekades

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekende Namibiese groep The Phoniker Orchestra gaan die Warehouse-teater se verhoog met bekende internasionale treffers van die afgelope vyf dekades inkleur.Gehore kan uitsien...