Wat die oog nie sien

08 February 2019 | Kuns en vermaak
I am blind is die eerste uitstalling vir 2019 wat voortspruit uit die Blind Photography Project by die Goethe-Institut.

Dié uitstalling is ’n uitdrukking van die ervarings van gesiggestremdes deur middel van fotografie.

Deur fotografie as hulpmiddel te gebruik, verken die projek nuwe maniere om na die stad kyk, brûe tussen dié wat sien en gesiggestremdes te bou, en stigmas oor die gebrek aan sig uit te daag.

Die uitstalling open op 12 Februarie om 18:00, en duur tot 28 Februarie voort.

Die Blind Photography Project is in 2015 deur Alejandro Loreto in Wene in Oostenryk begin.

Dieselfde konsep is deur Loreto in Caracas, in Venezuela, toegepas.

Die Namibiese kommunikasie- en sosiale ontwerper, Laschandré Coetzee, het by die projek aangesluit en saam is die uitstalling en uitbreiding van die projek aangepak.

Tydens dié interaktiewe uitstalling word gesiggestremdes van Wene, Caracas en nou ook Windhoek se fotografie ten toon gestel.

Die foto’s word saam met stories aangebied – alles in braille geskryf.

“Blindes word in ons stad versteek, so dit gaan daaroor om ’n ruimte vir interaksie te skep, wat nie gewoonlik ervaar word nie. Elke stel foto’s sal saam met die teks in braille aangebied word sodat dié met sig interaksie met gesiggestremdes kan hê. Sodoende word ’n beter begrip van hul werklikheid en ervarings gekry,” sê Coetzee.

In Namibië het drie gesiggestremdes aan die projek deelgeneem. Geen foto is geredigeer nie.

“Gewone mense verstaan nie regtig waartoe ons in staat is nie, en om eerlik te wees, het ek ook nie. Ek het verskeie gesiggestremde vriende wat mal daaroor is om foto’s te neem, en ek kon dit nooit verstaan nie, maar ek moet erken dit is lekker om foto’s te neem.

“Al kan ek nie die foto’s self sien nie, is dit iets wat ek geskep het en wat ek met ander kan deel. Die projek wys mense dat ons in staat is om iets lekker te doen, en dat ons goed kan wees in iets wat so buite ons league is,” sê Leticia Bouwer, ’n Windhoekse deelnemer.

“Ek hou daarvan om goed te skep wat ander mense glo onmoontlik is. Ek is seker daarvan om blind te wees en foto’s te neem, is vir baie mense een van daardie goed.

“Party mense mag dalk net in verwondering staan, maar vir ander mag dit dalk net ’n nuwe blik op die groter verskeidenheid in die wêreld gee,” sê Angela Engel, ’n Weense deelnemer.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

12 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

12 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...