Wat die groot u2018resetu2019 sal verg
Wat die groot u2018resetu2019 sal verg

Wat die groot ‘reset’ sal verg

Uitdagende tye lê voor
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - In die sewende, verbeterde uitgawe van die Tweetalige Woordeboek (1969) deur Bosman, Van der Merwe en Hiemstra word verskeie vertalings vir die Engelse term “reset” gegee. Hiervan is “weer skerp maak” dalk die mees aangewese Afrikaanse eweknie.

Die vraag is hoe gaan die ekonomie weer ‘skerp gemaak word’ ná die pandemie? Om daardie vraag behoorlik te kan beantwoord, gaan ons vir eers die nadele van sienings, wat net fokus op die bekamping van infekterings, vir ’n wyle met rus laat. In hierdie verband is dit veral die kollektiewe wyshede wat die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) beskikbaar stel, wat waarde het.

Sewe aspekte word uitgelig, naamlik hoe die vierde nywerheidsrevolusie ingespan kan word, die versterking van streekontwikkeling, hernude globale samewerking, die ontwikkeling van volhoubare besigheidsmodelle, die herstel van omgewingsgesondheid, die herontwerp van sosiale gedrag by wyse van veranderde vaardighede en werksgeleenthede en hoe ekonomieë heropgebou kan word.

GELYKMAKER

Dit is gemene saak dat die pandemie ekonomieë in ’n selfvernietigende spiraal van inkorting gedompel het, maar terselfdertyd ook gewys op die voordele van verminderde besoedeling omdat industrieë of gesluit is of teen halfpas werk.

Mense is dood en gemeenskappe vernietig – ’n bewys wat gebeur waar mediese en maatskaplike netwerke of vangnette gefaal het.

Die pandemie het die blinde oog van die staat, wat daarvoor moes sorg, blootgelê. In baie gevalle is leemtes erken, maar diegene wat die pandemie wil blameer vir die afwesigheid van basiese dienste, sal nog hard aarde toe kom.

Die feit dat die pandemie voor die voet vat, is ’n noodsaaklike gelykmaker. Die proses van heropbou ná die pandemie kan egter nie ‘sake soos voorheen’ beteken nie.

TEGNOLOGIE

Alhoewel ondersteunende tegnologie reeds voor die pandemie aangewend is, was owerhede baie traag by die skep van ’n ondersteunende beleidsraamwerk om dit te kan ontsluit.

Die pandemie het die slapendes wakker geruk en dit is verbasend oor wat nou gedoen kan word om toepassings te wettig – een hiervan die naspeuring van mobiele tegnologie. Dit sal nodig wees om meer kundigheid op beleidvlak te hê vir vaartbelynde toepassings.

Samewerking op streekvlak soos binne die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is ’n gegewe en om daarmee te wag, sal die aanvanklike herstelopsies beperk, maar belangriker ook die streke ontneem van ontwikkelingsgeleenthede.

Diesulke ontwikkeling sal egter gebaseer moet word op nuwe benaderings en kan nie die stortingsterrein word van ander lande wat daarmee hulp wil verdoesel nie.

SAMEWERKING

Die pandemie het almal meer bewus gemaak om uit te reik – arm het ryk gehelp en omgekeer. Globale samewerking sal vervolgens ook moet aanpas en op werklike groeigeleenthede gerig wees.

Die klem sal moet val op veerkragtige groei – gelei deur hopelik Verenigde State van Amerika (VSA) en China, namate die spanning tussen die twee moondhede ontlaai.

Laasgenoemde is bepaald moontlik ná die VSA se verkiesing in November. Intussen moet die ander leiers in die heropbou nie asem ophou nie, hulle moet onverpoos ekonomies herskik.

Besigheidsmodelle sal herontwerp moet word met groter klem op hoër ekonomiese morele gronde. Meer sal bewillig moet word in die welsyn van mense betrokke om nuwe krisisse beter die hoof te kan bied.

Covid-19 het die mensdom onverhoeds betrap en dit is duidelik dat niemand voldoende toegerus was nie. Aspekte soos voedselsekuriteit en gesondheid sal bepalende insette vir produktiwiteit word.

Laastens is dit belangrik om kennis te neem van die veranderde herskikking van die ekonomiese heropbou. Aspekte soos hernubare energie bly belangrik, maar die plek en waarde daarvan sal hersien word. Wat landbou betref, sal die tipe voedsel en verbruikersvoorkeure verander om die ander noodsaaklike aanpassings te komplementeer.

Kortom wag daar uitdagende tye op ons en die pad vorentoe sal gebou moet word terwyl ons daarop loop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25%