Warriors kwalifiseer ondanks loesing

’n Gelykoptelling in Bissau red Warriors se bas waar Guinee-Bissau en Mosambiek beide tweede doele behaal.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Namibië se nasionale senior mans-sokkerspan het Saterdagaand in Lusaka, Zambië, sy tweede en laaste botsing teen die Koperkoeëls verloor.

Die pak van 4-1, wat die Tafel Lager Brave Warriors in sy laaste kwalifiserende wedstryd vir die 2019 Afrika-Nasiesbeker (Afcon) gekry het, was onverwags. Dié afranseling is dalk net die regte medisyne vir hoofbreier Ricardo Mannetti en sy troepe om opnuut te besef dat dinge heelwat anders buite Namibië se landsgrense gedoen word.

In dieselfde tydgleef as wat die Namibiërs in die Nasionale Helde-stadion in Luska bloed gesweet het, het Mosambiek en Guinee-Bissau mekaar in Bissau gepak. Genadiglik kon die Mosambiekse Mambas nie vir Guinee-Bissau klop nie en die Warriors kon ná hul botsing die goeie nuus ontvang dat hulle wel in Junie na Kaïro, Egipte, sal reis om aan die kolossale sokkerskouspel in die verre noorde van Afrika deel te neem.

Guinee-Bissau en Namibië is die twee bevoorregte spanne wat hul lande in Egipte sal verteenwoordig.

Namibië het die wedstryd op ’n positiewe noot afgeskop toe Peter Shalulile en Deon Hotto kanse geskep het om Zambië se doelnet te tref.

Maar soos gewoonlik was die Namibiese afronding voor die doelhok van twyfelagtige aard en doelwagter Toaster Nsabata kon met die grootste gemak hul pogings keer.

Die Warriors was nog onder die indruk dat hulle net vir ’n uitstappie en ’n gelykopuitslag na Lusaka gevlieg het, toe Augustine Mulenga, kragtige aanvaller van Zambië, in die 12de minuut sy span se eerste doel skop.

In die 26ste minuut skep Namibië se vegters ná briljante spel ’n kans vir Hotto, wat met ’n onbespreekte oop doelhok vir hom net die bal moet in tik.

Maar Hotto misluk klaaglik in sy poging deur die bal met die buitekant van sy regtervoet teen die doelpaal vas te skop.

As Indie Warriors in die 26ste minuut die telling gelykop kon maak, kon die uitslag van dié botsing dalk anders gelyk het.

Maar met Hotto, Shalulile en Benson Shilong wou sake eenvoudig nie vlot nie en vele kanse is verbrou. Die onvermoë van die trio om die doelhok te tref, is ’n duidelike bewys dat die span nie behoorlik afgerig word om onder druk doele aan te teken nie.

Ná rustyd het Donashano Malama Zambië se tweede punt bygevoeg om hul telling in die 53ste minuut tot 2-0 op te skuif.

Vir Shalulile het die aand net verder verdof toe sy doelskop deur een van die assistent-skeidsregters ongeldig verklaar is. Volgens dié skeidsregter was Shalulile onkant, maar dit was duidelik dat die Zambiese speler van vernuftige taktiek gebruik gemaak het om dit te laat lyk of Shalulile onkant was.

Willy Stephanus, wat met tye ongelooflike spel kan lewer, was Saterdagaand nie op sy beste nie. Muna Katupose, wat as plaasvervanger opgekom het, het Stephanus in posisie geplaas, maar Stephanus se korrel is skeef en tref die buitekant van die doelnet.

Dit sal nie vir Mannetti en sy spelers help om verskoning te soek nie.

Zambië was Saterdagaand ’n perd van ’n ander kleur en het met kliniese afronding vir ’n oorwinning gewerk. Mulenga se tweede doel kom nadat hulle verwarring by die Namibiërs geskep het en blitsig ’n teenaanval van stapel stuur om die telling tot 3-0 te verhoog.

Vir verslae en ontriefde Namibiese ondersteuners wat ver na Lusaka vir die botsing per pad gereis het, was dit byna ondenkbaar dat Namibië sonder ’n doel die knie moet buig.

Genadig is dit Shalulile wat in die 90ste minuut ’n tikkie individuele briljantheid uitstal om Namibië se solodoel aan te teken. Die Koperkoeëls doen hul naam gestand en slaan feitlik onmiddellik terug om die finale telling in bykomende tyd te bewerkstellig.

Hoewel die Brave Warriors verloor het, het die Namibiërs in die stadion geweet dat Mosambiek nie die oorhand teen Guinee-Bissau kon kry nie en dat Namibië hul vliegtuigkaartjies vir Kaïro kan bespreek.

Namibië en Mosambiek eindig beide op agt punte, maar Namibië se kop-aan-kop uitslae is beter as dié van Zambië om hulle deur te sien. – Bygewerk van Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%