• Tuisblad
  • Sport
  • Warren, Aphiwe terug in Leeus-span vir semifinaal
Warren, Aphiwe terug in Leeus-span vir semifinaal
Warren, Aphiwe terug in Leeus-span vir semifinaal

Warren, Aphiwe terug in Leeus-span vir semifinaal

Rugby
Christo Buchner - Warren Whiteley en Aphiwe Dyantyi is môre terug vir die Leeus se Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie op Kings­park in Durban.

Daar is egter besluit om nie vir Franco Mostert óf Malcolm Marx in te sluit nie, al het hulle die afgelope week saam met die Leeus geoefen.

Volgens Rudolf Straeuli, die unie se uitvoerende hoof, is dit om die spelers te bestuur voor hulle saam met die Springbokke na Europa vertrek.

Whiteley neem die plek van Hacjivah Dayimani op agtsteman, terwyl Dyantyi vir Wandesile Simelane op die vleuel vervang.

Al is Whiteley in die span, bly die skrumskakel, Nic Groom, die kaptein. Pieter Jansen is die haker in die plek van Corné Fourie wat nie beskikbaar is nie.

Die Leeus-span: Sylvian Mahuza, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Howard Mnisi, Aphiwe Dyantyi, El­ton Jantjies, Nic Groom (k), Warren Whiteley, Jo-Hanko de Villiers, James Venter, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Jacobie Adriaanse, Pieter Jansen, Sti Sithole.

Reserwes: Tiaan van der Merwe, Danie Mienie, Chergin Fillies, Vincent Tshituka, Hacjivah Dayimani, Dillon Smit, Shaun Reynolds, Wandisile Simelane.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!