Warrelwind sorg vir chaos

12 October 2017 | Ongelukke
Tanja Bause - “Ek was besig in my kombuis om koffie te maak toe ek die geraas hoor.

“Die wind het my seker so 15 cm van die grond af opgelig. Al twee my voete was in die lug,“ het mnr. Athol Cross (89) van Eastern Court in Windhoek gesê.

’n Baie sterk warrelwind het gisternamiddag die sinkplate van twee van die ouetehuiswoonstelle se dakke afgewaai.

“Ons dominee kom elke Woensdag en baie van ons was nie in hul woonstelle nie, maar buite by hom. Ons het die warrelwind gesien en toe sien ons die sinkplate afwaai. Van die sinkplate het geval op ’n voertuig wat in Nelson Mandela-rylaan gery het. Gelukkig is niemand beseer nie, maar die voertuig is beskadig,” het me. Hannelore Brettschneider (69) gesê.

Bakstene en stukke van die plafon het in haar en Cross se woonstel op die vloer geval. Die daklyste is opgelig en van die dakbalke is gebreek. Die sinkplate wat nie afgewaai en in die straat beland het nie, is opgefrommel op die dak.

“Ek het in my lewe nog nie so iets beleef nie. Dit was soos ’n tornado wat ’n mens op die televisie sien,” het Cross gesê.

“Gelukkig was ek nie in my huis nie en veral nie in my badkamer nie, want dan was ek dood met al die bakstene wat daar ingeval het,” het Brettschneider gesê.

Soortgelyk

 

Keelvol studente soek hul geld

4 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

4 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

4 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

4 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

4 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

4 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...

Aanlyn geldskema oortree wet

4 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Nege maande oue geldmaakskema wat aanlyn beleggers se “drome” waar maak deur opbrengste van so hoog as 75% te beloof, oortree...

Kort nuus

4 ure gelede | Misdaad

Ondangwa ...

Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

4 ure gelede | Maatskaplik

Telwin !Owoseb - Namibië“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en...