Warmbad verwerp vakbond
Warmbad verwerp vakbond

Warmbad verwerp vakbond

Die tantalietmyn se werkers beskuldig die MUN daarvan dat hy onmin veroorsaak.
Augetto Graig
Augetto Graig – Gemeenskapslede op Warmbad is ontevrede met die Mynwerkersvakbond van Namibië (MUN) se optrede wat die tantalietmyn naby dié dorp betref.

Die myn het 93 werkers in Augustus afgelê en produksie is afgeskaal.

Mnr. Allen Kalumbu, die vakbond se suidelike voorsitter, dring egter daarop aan die bestuur van die myn het die werkers onwettig afgelê en boonop onvoldoende vir hul dienste vergoed.

Volgens Kalumbu aanvaar die vakbond nie ’n watertekort as rede vir die tydelike staking van dié mynbouprojek nie.

Hy bevestig sy vakbond het die regering gevra om die myn se mynboulisensie op te skort, en ook gevra mnr. Larry Johnson, die myn se uitvoerende hoof, se werkspermit moet gekanselleer word.

Dít volg ná oudwerkers van die myn, onder die leiding van mnr. Mathew Veldskoen, ’n tradisionele leier van die Bondelswartz-gemeenskap, aan die president geskryf het en gevra het hy moet ingryp.

Veldskoen het gevra president Hage Geingob moet help om onmin onder die mense van die dorpie in die kiem te smoor.

Volgens hom het sowat 80% van die 93 mynwerkers wat afgelê is, reeds hul skeidingspakkette ontvang.

Dít en die belofte om weer aangestel te word wanneer die myn weer oopmaak, laat hulle tevrede met die stand van sake, sê hy.

Volgens Veldskoen is dit ook die vakbond se toedoen dat die uitstaande 20% van werknemers nog nie betaal is nie.

“Om eerlik te wees, die skuldige misdadigers in hierdie saak is die vakbond – in hierdie geval die MUN,” het Veldskoen aan Geingob geskryf.

“Waarom moet die Tantalite Valley Mine op so 'n moeilike manier hanteer word, anders as ander myne wat jare gelede ook werkers afgelê het?” het hy gevra.

Veldskoen sê as gevolg van die MUN se houding teenoor die myn het hy en van sy medewerkers as lede van die vakbond bedank.

“Ons voel sterk daaroor dat die vakbond nie die belange van sy lede verteenwoordig nie,” het hy gesê.

Die werkers ondersteun ook nie die vakbond se poging om die afleggings voor die hof te daag nie, het Veldskoen gesê.

Hy sê Kalumbu het ‘n persoonlike vete met die myn se bestuur.

Kalumbu sê egter die vakbond het die gemeenskap en die betrokke tradisionele owerhede se ondersteuning, soos dié groepe se teenwoordigheid by hul onlangse optog getoon het.

Hy het gesê die belange van die gemeenskap lê Johnson nie na aan die hart nie, en dat ongeskoolde werkers vir goedkoop arbeid aangestel word.

“Ons soek iemand wat gekwalifiseerde Namibiërs sal aanstel, nie enigiemand wat hulle op straat vind nie,” het hy gesê.

“Daar is baie mense wat tantaliet wil myn, selfs op ’n groter skaal,” was Kalumbu se kommentaar oor wat van die myn sou word indien sy lisensie opgeskort sou word en die uitvoerende hoof in die pad gesteek sou word.

Hy het ook die regering se ingryping versoek om die omstandighede die hoof te bied.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.85 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%