Warmbad ruk op oor afleggings
Warmbad ruk op oor afleggings

Warmbad ruk op oor afleggings

NAMPA
Die Mynwerkersvakbond van Namibië (MUN) en inwoners van Warmbad het Vrydag 'n optog gehou teen die aflegging in Augustus van 94 werkers by die Namibië Tantalietmyn.

Voor die optog het MUN se voorsitter vir die suidelike streek, mnr. Allen Kalumbu, gesê hulle wil die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vra om in te gryp en dat die arbeidshof vandag oor die saak besluit.

"Ons sal Dinsdag hoor wat die Arbeidshof te sê het oor wat by die myn plaasgevind het, maar ons wil hê die regering moet ons bystaan en ingryp sodat werkers na hul werk kan terugkeer,” het hy gesê.

Die groep het 'n klagskrif met hul besware by die Warmbad-nedersettingkantoor ingedien. Daarin staan onder meer “die mense se pleit kan nie op dowe ore val asof ons geen owerheid in die land het nie”. Volgens Kalumbu is baie mense op die dorp van die myn afhanklik wat inkomste betref.

Die groep het ook die regering se erns oor werkskepping bevraagteken. “Mense word voor hul oë beroof van werk en sleg behandel deur diegene wat met ons hulpbronne vertrou word,” staan in die klagskrif. “Ons kan almal getuig dat dié gemeenskap van ontwikkeling ontneem word, terwyl die Here die streek met hulpbronne toegedeel het en die regering min gedoen het om seker te maak dit word gebruik tot die gelyke voordeel van die streek en sy mense.”

Die beheerbeampte van die Karasburg Oos-kiesafdeling, mnr. Barnadus Waterboer, het die klagskrif ontvang en die groep verseker dit sal na die eerste minister se kantoor aangestuur word.

Die myn het in Junie aangekondig dit sou 94 van die totale 105 werknemers aflê weens 'n tekort aan water, asook produksie by die myn. Onderhandeling oor skeidingspakkette het sowat twee maande geduur omdat die vakbond en die myn nie ooreen kon stem nie. Die arbeidskommissaris moes toe tussenbeide tree. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!