Ware leierskap te midde van slegte nuus

06 August 2019 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Die nuutste statistieke oor kernveranderlikes in die Suid-Afrikaanse ekonomie vergestalt wat al geruime tyd deur ontleders voorspel is.

Die sakegemeenskap reageer normaal deur afleggings omdat die ekonomie gewoon geen ruimte bied of vooruitsigte het vir voldoende groei nie.

Te midde van dié inkrimping is herskikking ook aan die orde, want dit bly die aangewese keuse om meer met minder te doen.

Meganisasie en digitalisering wen al hoe meer veld. Daarmee saam is dit ook duidelik dat die arbeidsmag oorwegend nie in staat is om met bestaande geskooldheid op nuwe maniere te kan werk nie. Seker een van die beste aanduidings hiervan is die stygende werkloosheid onder die jeug.

Jongmense is vinnig deur die meul van skool, maar dié wat anderkant uit is, is nie geskool om die plek te neem van ouer geskoolde arbeid nie. Daarbenewens is aftrede van ouer werkers ook nie moontlik nie, want dit is nie bekostigbaar nie.

Verder bly Suid-Afrika en Namibië die spreekwoordelike heuningpot wat werkloses aantrek en onvoldoende migrasie bestuur. Dit skep spanning binnelands omdat hierdie migrante van die min werkgeleenthede neem en bereid is om teen baie laer vergoeding te werk.

Inmiddels is die polities korrekte benadering van minimum lone en die toepassing daarvan ook ‘n ernstige belemmering en eintlik ‘n betekenisvolle paradoks.

Om onder die huidige omstandighede net te kan oorleef, is geld nodig. Meer en meer dienste is gratis beskikbaar, maar lang waglyste byonder meer skole en kliniekebeteken dat gratis dienste inderwaarheid teen hoë geleentheidskoste gegee word.

‘n Werker sit ‘n hele dag by ‘n kliniek en verloor inkomste, terwyl hy/sy die aand huiswaarts keer, sonder dat ‘n dokter hom/haar kon evalueer.

Werkgewers, veral boere op plase, het vervolgens groter verantwoordelikhede en aanvaar dit, al word hulle dikwels verguis, sou hulle nie genoeg omgee vir die lewensomstandighede van hul werkers nie.

Die aangewese optrede teen ‘n agtergrond van ‘n verswakte ekonomie is om te herskik, te midde van die gordel intrek.

Leierskap bly nodig om binne enige herstrukturering behoorlike belangebevordering te vestig. Dit kan egter nie ten koste van enige ander deelnemende party wees nie.

Die sleg van ‘n pap ekonomie raak almal en enige heropbou moet holisties in belang van die meerderheid benader word.

Te midde van fiskale inkrimping is dit noodsaaklik om op prioriteite te besluit. Te min te laat vir te baie sal die spreekwoordelike min botter oor te veel snye probeer smeer en aan die einde kry almal te min.

Daarvoor is dapper politieke besluite nodig met nuwe weerstand teen populistiese druk. Hierdie benadering is gelukkig deel van die mondering waaroor landbouleiers beskik. Hulle het al bewys hulle kan fokus op die probleem en laat hulle nie maklik afskrik deur die baie lawaai vanuit geledere wat eintlik net kan praat nie.

Onderhandelinge oor die aard en oorsaak van die probleme is tydverkwistend. Die oplossings is ook in baie gevalle voor die hand liggend, maar in te veel gevalle ontbreek die politieke wil.

Die harde werklikheid verg dat almal behoort te herposisioneer en aanpassings maak deur anders te dink.

Gordon Gray was ‘n uitsonderlike Amerikaanse regsgeleerde en aanklaer. Hy is in 1958 dood in ‘n vliegongeluk en tussen sy besittings was handgeskrewe reëls wat sy lewensfilosofie opgesom het. Enkeles is nou van toepassing.

Die eerste reël stel dat mens nooit entoesiasme en 'n sin vir kreatiwiteit moet verloor nie. Moenie mense te maklik oordeel nie. Moenie dadelik aanvaar iemand bedoel kwaad nie, maar eerder dat so ‘n persoon dit goed bedoel en sou daardie aanname misluk, werk met die grys area tussen goed en kwaad.

Wees bedag daarop dat as jy nie vrygewig kan wees wanneer dit sleg gaan nie, jy dit nie sal wees as dit beter gaan nie.

Die beste bouer van vertroue is om iets te wil doen en dan te doen, maar wat jy ook al doen, doen dit goed. Wanneer vertroue herstel is, bly nederig, want jy bly op die pad na herstel. Die slegte wat ervaar kan word, is gewoonlik die gevolg van verkeerd verstaan – kommunikasie bly die wagwoord.

Omring jou deur al die moontlike raad wat jy kan kry, veral komende van dié wat beter weet as jy. Laastens, sê Gray, is ons almal lewenslange studente - luister dus mooi en neem notas.

Soortgelyk

 

Boete van N$100 000 vir ivoorsmokkelaar

10 ure gelede | Misdaad

'n Mosambiekse ivoorsmokkelaar, Bangorogile Motsokwe, is verlede Woensdag tot 'n boete van N$100 000 of tronkstraf van vier jaar gevonnis. Hy is skuldig bevind aan...

Britte se stem vandag is maak of breek vir...

12 ure gelede | Internasionaal

Die algemene verkiesing vandag in Brittanje baan die weg vir Brexit om deurgevoer te word. Dít is as Boris Johnson, premier en leier van die...

Shack Dwellers, NHAG to build houses at Rupara

23 ure gelede | Infrastruktuur

RUNDU – The Shack Dwellers Federation of Namibia and the Namibia Housing Action Group (NHAG) are going to construct 32 houses at Rupara settlement in...

Ministerie skors dokter ná skokkende bevalling

23 ure gelede | Plaaslik

Henriette Lamprecht Die dokter wat aan diens was tydens 'n normale bevalling in die Windhoek Sentrale ­Hospitaal toe 'n babadogtertjie onthoof is, is met onmiddellike...

Water-erosie dalk oorsaak van grondskeur

23 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghDie skeur in die grond van sowat 20 km lank wat oos van Waterberg ná goeie reënneerslae verskyn het, is waarskynlik deur water-erosie veroorsaak....

Weer vir 12 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vyf damme nie meer dolleeg

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry. Dit beteken altesaam is daar nou 2,654 miljoen kubieke meter...

STEMFEITE: NOORDE EN NOORD-OOSTE

23 ure gelede | Politiek

Die infografiek wys in hoeveel van sy tradisionele vestings die regerende party 80%, 90% of meer van alle stemme verower het.

Moratorium op uitvoer van hout opgehef

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - Nagenoeg 100 000 stukke hout van bome wat wettig op plase in die twee Kavangostreke en Zambezi afgekap en opgesaag is, mag...