WAP-leerling reik na Nasa-sterre
WAP-leerling reik na Nasa-sterre

WAP-leerling reik na Nasa-sterre

Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg - ’n Namibiese tiener vlieg Namibië se vlag tans hoog by die United Space School (USS) in Amerika.

Christo Boshoff, ’n graad 11-leerling aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP), woon sedert 21 Julie die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se ruimteskool by.

Vanjaar is die eerste keer dat Namibië onafhanklik aan dié geleentheid deelneem.

Die program duur tot 5 Augustus en vind in Houston, Texas, plaas.

“Ek voel bevoorreg en geëerd om deel van hierdie ongelooflike geleentheid te wees. Dit is alles net moontlik deur die wil van ons Hemelse Vader,” sê Boshoff.

Ná ’n streng, landswye keuringsproses is hy eindelik as Namibië se verteenwoordiger aangewys.

Me. Wida du Plessis, die USS se amptelike verteenwoordiger in suidelike Afrika, sê die geleentheid is ’n deurbraak vir Namibië.

“Dit is ’n reusemylpaal vir Namibië. Die omvang van Namibië se amptelike deelname beteken ons vlag gaan vir die eerste keer saam met die ander lande se vlae gehys word.”

In die verlede het Namibië onder Suid-Afrika deelgeneem, maar van vanjaar af het Namibië ook sy eie regmatige plek by die USS.

Dit beteken Namibië kan jaarliks een leerling USS toe stuur.

Dié deelname beteken ook Namibië kan nou aan die kultuurfees, wat deel van die USS is, deelneem waar tipies Namibiese disse en eg Namibiese produkte uitgestal word.

Du Plessis sê die geleentheid is nie net vir Boshoff betekenisvol nie, maar ook vir die land.

“Meeste van die leerlinge en sprekers wat die USS bywoon, het nog nooit iemand van Namibië gesien of ontmoet nie, en nou het hulle die geleentheid om meer van die land, sy kultuur, sy vlag en sy mense te leer.”

Boshoff het ’n lewendige belangstelling in wetenskap en die ruimte, sê hy.

“My liefde vir die ruimte is gebore uit my belangstelling in wetenskap. Hoe meer ek van biologie, wiskunde en fisika leer, hoe meer groei my belangstelling.”

Boshoff beplan om eendag medies te studeer om ander se omstandighede te help verbeter.

“Ek wil nie noodwendig ’n dokter word nie, maar wil eerder mediese toerusting ontwerp wat in areas gebruik kan word, soos oorlogsones, of deur diegene in die ruimte, waar daar ’n gebrek aan tradisionele mediese toerusting is.”

Harde werk en deursettingsvermoë is volgens dié Wapper die sleutel tot sukses.

“Om te droom is goed, maar jy gaan moet werk as jy die droom wil bewaarheid. Niks is onmoontlik nie en hoe meer jy goed begin doen wat onmoontlik lyk, hoe meer gaan jy besef dit is wél moontlik.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%