Wantrouemosie: Wat nou vir RSA se ekonomie?

Te oordeel na wat ekonome te sê het, lê 'n onstuimige pad vir die ekonomie nog vanjaar voor.
Maak vas die ekonomiese sitplekgordels, want die politieke wipwarit gaan tot in Desember net vererger.

So het die meeste ekonomiese ontleders gereageer nadat die jongste mosie van wantroue in die Nasio­nale Vergadering teen pres. Jacob Zuma skipbreuk gely het.

Verskeie ANC-LP's het teen Zuma gestem en ontleders meen die faksiegevegte en beleidsonsekerheid in die party sal toeneem in die aanloop tot Desember se ANC-leiersverkiesing. Dit kan die rand en die ekonomie se herstel ondermyn.

“Die kans is skraal dat die politieke en beleidsekerheid wat die Suid-Afrikaanse ekonomie benodig, geskep sal word in 'n tydperk waarin beleidmakers meer behep is met plaaslike politiek as om die ekonomiese skip te stuur en beleid te bestuur,” waarsku prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Hy glo politieke faksies in die regerende party sal aanhou woel – minstens tot die ANC se verkiesings­konferensie in Desember.

Die uitslag van die stemming het Zuma se magsposisie in die aanloop tot Desember se verkiesing versterk, sê Peter Attard Montalto, hoofekonoom vir ontluikende markte by Nomura.

“Hy het die eerste prys (die meerderheid stemme) onder die moeilikste omstandighede ('n geheime stemming) gewen. Dit verstewig sy magsposisie effens en versterk die beleidsrigting wat hy inslaan.”

Montalto waarsku egter dat die ANC op lang termyn deur die stemming verswak word omdat die party hom so duidelik agter die president skaar.

“Hoewel ons steeds nie dink dis ooglopend dat die ANC die verkiesing in 2019 onder 'n nuwe president sal verloor nie, het die moontlikheid van die party se sukses verder verminder.”

Hy sê die markte het die meeste van sy korreksies (ná die stemming se uitslag) gedoen, maar sal in die komende dae verswak “soos die negatiewe status quo weer na vore kom”.

Politieke onsekerheid is die kernsaak waaroor kredietgraderingsagentskappe vanjaar bekommerd was en dit het onvermydelik 'n impak op sakevertroue en die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad, sê die Old Mutual Investment Group (OMIG) se ekonoom, Tinyiko Ngwenya.

“Terwyl ander ontluikende markte 'n lopie gehad het danksy die wêreld­ekonomie wat begin herstel, is Suid-Afrika teruggehou deur die plaaslike politieke woelinge.”

Daar is egter steeds 'n silwerrandjie ondanks die donker wolk van onsekerheid, sê Ngwenya.

“Ná 'n aanvanklike daling het die rand relatief stabiel vertoon nadat die mosie van wantroue in die parlement verslaan is. Dié uitkoms is wyd verwag en daarom is die reaksie nie so hewig gewees nie.”

Hoewel die plaaslike ekonomie 'n opdraande stryd het om te groei, is die verwagtinge oor inflasie getemper en Ngwenya voorspel dat dit teen die einde van die jaar tot 4,7% sal daal

“Die swakker dollar en die sterker wêreldekonomie ondersteun steeds die rand.”

Parsons stem saam dat inflasievooruitsigte laag bly vir die res van die jaar.

“Hoewel die ekonomie waarskynlik van die (tegniese) resessie vanjaar sal herstel, is dit onwaarskynlik dat die groeikoers vir 2017 in sy geheel meer as 0,5% sal wees.” Die koers kan volgende jaar tot 1,1% styg, wat steeds heelwat laer as die bevolkingsgroei is.

Suid-Afrikaners kan waarskynlik ook nog minstens een rentekoersverlaging vanjaar verwag, en 'n verdere verlaging of twee volgende jaar, sê Ngwenya.

Die sakesektor bly egter bekommerd oor die ekonomiese impak van die ­politieke onsekerheid, sê Tanya Cohen, uitvoerende hoof van die ­sakeorganisasie Besigheidseenheid Suid-Afrika (Busa).

“Politieke onsekerheid ver­erger die uitdagings waardeur ons in die gesig gestaar word: die ekonomie is in ­resessie, duisende werk­geleenthede oor verskeie sektore heen gaan verlore, daar is 'n aansienlike toename in korrupsie en wanadministrasie en die onlangse krediet­afgraderings se waar­skuwingsklokke lui hard.”

Sy sê die sakesektor is steeds toegewyd daaraan om saam met 'n bekwame staat te werk, soos die ­Nasionale Ontwikkelingsplan dit in die vooruitsig stel.

“Dan word die omstandighede geskep waarin alle ondernemings kan floreer en werk kan skep.”

Enige politieke verandering moet deur betekenisvolle optrede deur die regering gerugsteun word voordat daar enige betekenisvolle voordele daaruit voortspruit, sê Ngwenya. “Suid-Afrika het aansienlike uitdagings om sy ekonomie aan die groei te kry en dit sal nie verlig word deur die verwydering van die president nie.”

Sterk ekonomiese en politieke dwarswinde waai tans oor die land, waarsku Parsons.

“Beleidsonsekerheid is nou die 'nuwe normaal' vir Suid-Afrika en sakestrategie moet daarvolgens aanpas.”

Die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in Oktober sal die volgende belangrike geleentheid wees om beleidsekerheid en vertroue te bevorder, sê Parsons.

In 'n konteks van lae groei en beperkte fiskale beweeglikheid het die MTBR nou 'n groot uitdaging vir die minister van finansies, Malusi Gigaba, geword.

Die finansiering van staatsbeheerde instellings soos Eskom en die South African Airways (SAA) skep groot ­risiko's vir fiskale vooruitsigte.

“Dit bly binne die regering se beheer om die vertroue te herbou wat nodig is sodat sy samewerking met die sakesektor en ander belanghebbendes verstewig. Op hierdie wyse kan Suid-Afrika uit die wip van lae groei ontsnap ondanks politieke binnegevegte.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.16/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0115 | Zinc US$ 2 800.80/T DOWN -1.17% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 910.88/OZ DOWN -0.0109 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.16/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0115 | Zinc US$ 2 800.80/T DOWN -1.17% | Brent Crude Oil US$ 87.98/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 910.88/OZ DOWN -0.0109