Waninligting oor entstowwe strafbaar
Waninligting oor entstowwe strafbaar

Waninligting oor entstowwe strafbaar

Lede van die publiek kan gesondheidspraktisyns wie se optrede ’n risiko vir, óf die pasiënt se veiligheid, óf openbare vertroue in gesondheidsprofessies inhou, by die Raad vir Gesondheidsberoepe gaan verkla.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Enige geregistreerde gesondheidspraktisyn wat bevind word dat hy of sy verkeerde inligting oor Covid-19, die entstowwe en terapie oordra, sal vir onprofessionele gedrag aangekla word. Sou die persoon skuldig bevind word, sal hy of sy in terme van die wet gestraf word.

Die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) het by monde van sy registrateur en uitvoerende hoof, mnr. Cornelius Weyulu, “groot kommer” uitgespreek oor sommige geregistreerde praktisyns wat verkeerde inligting oor die Covid-19-pandemie en die immuniseringsveldtog versprei en ook behandeling bevorder wat nie deur die beste beskikbare bewyse ondersteun word nie.

“Alle geregistreerde praktisyns in Namibië word herinner aan hul etiese en professionele verpligting om die gesondheid van pasiënte en die publiek te beskerm en te bevorder en om alle pogings te ondersteun wat daarop gemik is om die verspreiding van infekterings hok te slaan,” het Weyulu gesê.

Hy het beklemtoon gesondheidspraktisyns is “gerespekteerde lede van die gemeenskap” en die gemeenskap heg waarde aan hul menings oor gesondheid.

“Die verkeerde inligting oor Covid-19, die entstowwe of terapie kan daarom nadelig vir die gesondheid van Namibiërs wees en moet ten alle koste vermy word,” het Weyulu gemaan.

Volgens hom verwag die HPCNA van alle geregistreerde praktisyns om met “eerlikheid en integriteit” op te tree en nie verkeerde inligting versprei wat pasiënte se veiligheid nadelig kan beïnvloed nie.

Weyulu erken sommige praktisyns mag “sterk persoonlike menings” oor Covid-19 en die entstowwe hê, maar hulle moet egter feitlike inligting met pasiënte deel en die mees doeltreffende terapie gebaseer op die beste beskikbare bewyse deel.

“Daar is geen plek vir verkeerde inligting in professionele gesondheidspraktyke nie,” het hy gemaan.

Volgens Weyulu moet nuwe idees oor maatreëls om die verspreiding van Covid-19 en die bestuur van pasiënte in Namibië met die betrokke owerhede deur die gepaste kanale en op ’n professionele manier bespreek word.

Hy het beklemtoon die HPCNA waardeer die “onvermoeide pogings” van alle geregistreerde gesondheidspraktisyns in hul hantering van die pandemie en het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om by die maatreëls te hou wat ingestel is om die verspreiding van die siekte hok te slaan.

Weyulu het beklemtoon daar is bewyse oor die doeltreffendheid en veiligheid van Covid-19-entstowwe en die raad doen vervolgens ’n beroep op lede van die publiek om hulle te laat inent.

Enige praktisyn wie se optrede ’n risiko vir, óf die pasiënt se veiligheid, óf openbare vertroue in gesondheidsprofessies inhou, kan by 061 245 586 of by [email protected] aangemeld word.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006