Wanderers vereer Janry as sportman

Die Wit Hingste bou op na hul eeufeesvieringe in 2020.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die haastige buitesenter of vleuel Janry du Toit is Saterdagaand as sportman van die jaar aangewys toe FNB Wanderers rugbyklub sy presteerders vir die afgelope seisoen vereer het.

Die Wit Hingste het vanjaar vir die eerste keer sedert 2010 weer die premierliga-trofee van die Namibië Rugby-­unie (NRU) beklink met 'n sege van 30-22 teen Trustco United, nadat die tussenjare vier teleurstellende, opeenvolgende nederlae in die eindstryd ingesluit het.

Wanderers vier in 2020 sy 100ste bestaansjaar en onder afrigter Vince Dreyer sal die betreklik jong spelersgroep beslis gemotiveerd wees om vir volgende seisoen nuwe doelwitte te stel.

Janry du Toit het gedurende die eerste helfte van die seisoen die Windhoek Draught Welwitschias in die SuperSport uitdaagreeks verteenwoordig. Hetsy op klub- of provinsiale vlak, het van sy elektriese lopies teen die kantlyn af verskeie teenstanders laat gras proe.

Die oudskolier van Elnatan op Stamp­riet is ook vir die eerste keer gekies om die nasionale span te vergesel wanneer hulle in November vertrek vir toetse teen Rusland, Spanje en Portugal.

Nóg een van Wanderers se individuele vondse vir die seisoen was die vleuel Rudi Pretorius. Die voormalige Windhoek Gimmie was nog altyd as 'n besondere naelloper bekend, maar het vanjaar ook uit die bloute na vore getree as die eerste span se voorkeur-stelskopper. Sy skopvoet het onder meer 15 punte in die finaal bygedra.

Pretorius het met die gesogte prys as spelers se speler van die jaar weggestap, asook die trofee as beste agterspeler.

Die ander pryswenners van die aand:

Span van die jaar: Die eerste span, wat die NRU premierliga gewen het.

Voorspeler van die jaar: Nian Berg (stut en kaptein van die eerste span).

Mees lojale speler: André Visser (losskakel).

Junior speler van die jaar: Stefan Hattingh (haker).

Mees toegewyde speler: Dian von Solms (skrumskakel).

Mees bestendige speler: Driaan Vorster (flank).

Beste ontluikende speler: Jan-Hendrik Augustyn (flank).

Beste speler in die tweede span: Johan Meyer (slot, losvoorspeler).

Beste vordering in die tweede span: Dehan van der Colff (stut).

Ondersteuner van die jaar: Mnr. Manfred van Wyk.



BESTUUR

Wanderers se nuwe komitee is ook bekend gestel wat verlede jaar by die klub se algemene jaarvergadering verkies is.

Mnr. Flip Louw, voorsitter van die afgelope jare, het hom vanweë werk- en familieverpligtinge nie voltyds beskikbaar gestel nie, maar sal wel op 'n ad hoc grondslag op bestuursvlak bydra.

Willem van Zyl, die ondervoorsitter gedurende 2018, neem as die voorsitter oor, met mnre. Neels Dodds as president en Liefa van Wyk as beskermheer wat in hul posisies aanbly.

Die twee ondervoorsitters is mnre. Billy Marais (rugbysake) en Danie von Solms (bestuursake), met die res van die komiteelede Henry Burnett, De Wet Jacobs en Christo McNish.

Vince Dreyer se termyn as hoofafrigter duur ook voort, hoewel 'n plaasvervanger nog gesoek word vir Tinus du Plessis wat as hulpafrigter die voorspelers hanteer het en nie langer be­skikbaar is nie.

Willem van Zyl, die nuwe voorsitter, het aan die koerant gesê hy sien baie uit na die nuwe uitdaging.

“Ons is 'n hardwerkende en dinamiese span wat in 2019 die leisels oorneem. Ons het reeds heelwat nuwe planne vir 2019 insluitend 'n voorseisoense toer in Februarie na Vredendal om die spangees, kultuur en gereedheid vir die rugbyseisoen te bevorder.

“Wanderers is loshande die beste klub om by betrokke te wees. Ek wil weer eens ons ondersteuners, bestuurslede, afrigters en spelers bedank, asook elkeen van die borge wat die klub deur 2018 gedra het. FNB Namibia is reeds sedert 2009 die titelborg van ons klub en hiervoor het ons groot waardering!”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.87 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%