Wanderers-netbal nooi spelers
Netbal
Wanderers Netbalklub nooi alle huidige, voormalige en nuwe spelers uit om vir die 2019-seisoen in die Khomas-ligas aan te sluit.
Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Wanderers netbalbane in Pionierspark.
Die seisoen begin vandag met registrasie en amptelike oefeninge begin môre.
Wanderers se tweede span het verlede jaar as kampioen van die Khomas eerste liga uit die stryd getree, terwyl die derde span die tweede liga gewen het. In die premierliga het Wanderers se eerste span in die vyfde posisie geëindig.
“2019 beloof om 'n opwindende jaar te wees!” sê die klub in sy uitnodiging.
Vir enige navrae, skakel gerus vir Izelle Prinsloo (ondervoorsitter) by 081 328 9364 of Simoney Janse van Rensburg (skakelbeampte) by 081 296 5432.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie