Wanderers grawe diep, Old Boys domineer

Die hervatting van die 50-beurt premierliga het oorwinnings vir die twee voorlopers opgelewer.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die voorloper Samsung FNB Wanderers moes op 'n moeilike kolfblad eers herstelwerk doen voordat hy sy onoorwonne vertoningslys in Krieket Namibië se premierliga oor 50 boulbeurte kon behou.

Die premierliga het Saterdag hervat ná 'n lang onderbreking oor die feesseisoen, met die laaste wedstryde wat einde November gespeel is.

Wanderers, met 'n uiters dominerende rekord teen Trustco United en 'n span gelaai met nasionale ondervinding, het egter Saterdag op sy tuisveld sy toporde vinnig verloor om op 33/4 te steier.

Vir United het Dickson Vambe munt geslaan uit die stadige kolfblad waarop die kolwers gesukkel het met hul tydsberekening om die bal behoorlik weg te kry.

Vambe het die dag met 'n indrukwekkende vyf paaltjies vir 34 lopies in tien boulbeurte afgesluit. Dit was nadat hy Tershwin Raubenheimer (7) skoongeboul en vir Karl Birkenstock (13) laat uitvang het. Michau du Preez (0) kon niks bydra nie en toe die nasionale kaptein Jan Frylinck ook vir net 1 lopies deur Louis Vermaak geboul is, het sake vir die tuisspan op 33/4 nie goed gelyk nie.

Die ervare Gerrie Snyman het egter as nommer vier koelkop gebly en het met 83 lopies van 108 balle (nege grenshoue) die skaal in Wanderers se guns help swaai.

Snyman was saam met JJ Smit in 'n 123-vennootskap betrokke.

Snyman (gevang deur Danie van Schoor) en Smit (gevang deur Wouter Venter vir 'n oordeelkundige 42 lopies van 87 balle, met twee viere) was onderskeidelik paaltjies nommer 4 en 5 vir Vambe.

United se kaptein Darren van Dyk (2/38 in 10 bb) het daarna vir Nicolaas Scholtz (5) en Pieter Rossouw (7) laat uitvang, voordat Bernard Scholtz (11 nie uit nie) en Colin Peake (3*) die laaste paar waardevolle lopies bygevoeg het.

Wanderers het onder die omstandighede vol selfvertroue oor sy totaal van 196/8 gevoel, veral teen 'n United-kolflys sonder Lo-han Louwrens wat deur 'n vingerbesering uitgeskakel is.

Met die omdraaislag sou United ook minder tevrede wees oor die gesamentlike 24 ekstras (19 wydlopers) wat hulle afgestaan het.

In United se kolfbeurt was dit nie Danie van Schoor se dag nie, toe hy op 3 'n bal terug in die bouler Pieter Rossouw se hande geslaan het. Sy aanvangsvennoot Hendrik van der Walt het hom vergeefs probeer ingrawe (7 van 29 balle, 1x4) voordat hy deur Gerrie Snyman gevang en geboul is.

Nommer drie Dickson Vambe (2) was Karl Birkenstock (1/9 in 5 bb) se enigste slagoffer vir die dag.

Hoewel steeds onder druk, het Darren van Dyk (39 van 66 balle, 3x4 1x6), Damon Coetzee (26 van 60 balle, 1x4), Christopher Coombe (12 van 24 balle, 2x4) en Dewald Nell (15 van 17 balle, 2x4) vergeefs probeer om United binne bereik van die wentotaal te kry.

Ná hul vertrek was die taak te groot vir Brendan Britten (0), Wouter Venter (6) en J. Vermaak (2) en United was almal uit op 130, wat Wanderers met 66 lopies laat wen het.

Wanderers se topboulers vir die dag was Pieter Rossouw (4/27 in 9 bb), terwyl Bernard Scholtz die stert help opruim het met 3/37 in 10.



ONDER 19'S WEN BY KUS

Die Namibiese o.19-span het sy eerste oorwinning in die premierliga behaal, deur op Walvisbaai met verbasende gemak (112 lopies) die aanslag van die Welwitschias af te weer.

Die gekombineerde kusspan het die loot gewen en die jonges eerste laat kolf. Ironies genoeg was dit meestal juis die o.19's se spelers van die kusstreek wat die Welwitschias se ondergang bewerk het.

Dian Neethling het as aanvangskolwer sy kennis van die Sparta-kolfblad ingespan om met 75 lopies van 69 balle (4x4 4x6) sake te dikteer.

Neethling het vroeg vir Ramon Wilmot (3) en JC Balt (1) as kolfmaats verloor, maar hierna het Victor van der Watt (24 van 24 balle, 1x4 1x6) en Matthew de Gouveia (13 van 22 balle, 1x4) hom geselskap gehou.

Ná Neethling se vertrek toe hy skoongeboul is, het Jan-Izak de Villiers vasgetrap en 'n aanvallende vyftigtal geslaan voordat hy vir 87 (62 balle, 5x4 6x6) been voor paaltjie betrap is.

Met nog 'n paar lopies van Mauritius Ngupita (13), Mel Theunissen (16) en Altus Opperman (12*) plus 'n hele 39 ekstras (23 wydlopers) het die o.19's hul vyftig boulbeurte op 'n stewige 289 almal uit afgesluit.

Vir die kusspan kon Marco Malan (3/64 in 10 bb) sy kop hoog hou nadat hy van Neethling, De Gouveia en De Villiers ontslae geraak het.

In antwoord het die Welwitschias se hele kolfbeurt om die honderdtal deur Lauritz Haccou gedraai. Die aanvangskolwer het sewe sesse en agt viere gemoker op sy pad na 102 van 76 balle.

Kian Beyer (27 van 63 balle) het saam met Haccou 123 lopies opgestel voordat Beyer die eerste kolwer was wat moes terugstap. 'n Lelike ineenstorting het egter gevolg, met Haccou uit op 137/2 en die res van die span wat op 175 almal uit was.

Die o.19-boulers het in die paaltjies gedeel, met Eric Wilson (3/42 in 10), Ettienne Beukes (2/29 in 8) en Mauritius Ngupita (2/27 in 7) die room van die oes.



WHS MORS MET TIGERS

In gisteroggend se wedstryd by die CCD Tigers se veld in Pionierspark het die oranje span erg gesukkel in die afwesigheid van Stephen Baard, wat in Nieu-Seeland klubkrieket speel.

Die arme Tigers is deur WHS Old Boys vir 'n skamele 83 lopies uitgeboul, nadat hulle die loot gewen en gekies het om eerste te kolf. Joshuan Julius is met die tweede bal van Tangeni Lungameni vir nul uitgevang.

Kolwer nommer nege Warren van Wyk (21 nie uit nie van 40 balle, 4x4) het uiteindelik die beste gevaar, met net drie spanmaats wat dubbelsyfers kon kry. Dit was Pikky ya France (11), Calum Gunning (11) en nommer elf Albert Mbwembwe (10).

Laasgenoemde het saam met Van Wyk vir die beste vennootskap gesorg, nadat hulle op 'n rampspoedige 45/9 bymekaar gekom het.

Die mediumsnelboulwerk van Tangeni Lungameni (3/21 in 6.5 bb) en Christiaan Schumacher (4/16 in 6), asook die draaiballe van Zhivago Groenewald (3/15 in 6) het die Tigers-kolflys op sy knieë gedwing.

WHS Old Boys het 'n indrukwekkende oorwinning met tien paaltjies behaal, sonder dat Zane Green (29* van 38 balle, 2x4 1x6) of Wimpie Viljoen (53 nie uit nie van 36 balle, 4x4 4x6) 'n paaltjie verloor het.

Die ongebruikte skietgoed op WHS-kolflys het name soos Gerhard Erasmus, JP Kotze en Craig Williams ingesluit.

• Wanderers, met 'n foutlose 20 punte ná vyf wedstryde, bly die voorloper, terwyl WHS Old Boys nou 12 punte het.

CCD Tigers en die Welwitschias kon beide nie op hul agt ligapunte voortbou nie, terwyl die o.19's (4 punte) se eerste oorwinning hulle voor die puntelose United plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%