Walvisbaaier wen braaipak
Die eerste wenner van ’n Omuriro-braaigeskenkpak in die Omuriru-vuuraanstekerkompetisie is mnr. Imannuel Hayo van Walvisbaai. Hy het sy Omuriro-vuuraanstekers by Spot-On op dié kusdorp gekoop. Die kompetisie strek oor ’n tydperk van vier weke by alle deelnemende kleinhandelaars teen die kus. Daar is nog twee weke van die kompetisie oor waartydens twee gelukkige wenners dié geskenkpak kan opraap. Saam met Hayo is me. Mercia Roberts (links), bestuurder van Spot-On, en me. Jackey Hugo, die verkoopsbestuurder van Omuriro-vuuraanstekers in die Erongostreek. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie