Walvisbaaier voor oor seksuele aanranding in kafee

Borgtog toegestaan

12 February 2019 | Howe
Ronelle Rademeyer - Die 51-jarige mnr. Raymond Dick van Walvisbaai het Vrydag ná twee dae in aanhouding op klagte van seksuele aanranding en gewone aanranding in die landdroshof op dié dorp verskyn, en borgtog van N$2 000 is aan hom toegestaan.

Hy staan op hierdie klagte tereg nadat hy na bewering op 26 Januarie in die bekende Trust Market-kafee ’n 23-jarige vrou seksueel aangerand het deur haar in die winkel van agter te betas en aan haar borste te vat.

Hy het haar glo ook gesoen.

Daarná het Dick glo ‘n 27-jarige toesighouer, wat hom oor sy gedrag gekonfronteer het, aan die arm gegryp en haar arm gedraai.

CCTV-beeldmateriaal van die voorval is later op Facebook geplaas om druk op die polisie te plaas om hom te vervolg.

Dick, wat as passer en draaier op die dorp werk, het by navraag gesê hy het “geskrik” toe hy die CCTV-beeldmateriaal sien. Hy voer aan hy was daardie dag te dronk om te besef wat hy doen.

“Ek het die Saterdag na Trust Market gegaan om bier te koop. Ek was oordronk gewees. Ek het uitgesny en nie geweet wat ek doen nie,” het hy gesê.

Dick sê toe ’n familielid later vir hom die video’s op Facebook wys, het hy “baie groot geskrik”.

“Ek kan nie onthou dat ek dit gedoen het nie,” het hy gesê.

Landdros Rivermo Williams het sy verhoor tot vandag uitgestel.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...