Walvisbaai se hawe nie te koop, sê Namport

Namport is nie bewus van enige besluit of proses om die Walvisbaaise hawe aan beleggers te verkoop nie.
Sanet de Waal
Nuusredaksie op Walvisbaai – “Die eienaarskap van Namport en die Walvisbaai-hawe berus alleenlik by die Namibiese regering en die bestuur is nie bewus van enige besluit of proses om die Walvisbaai-hawe aan enige belegger te verkoop nie,” het die uitvoerende hoof van dié staatsonderneming, mnr. Andrew Kanime, gesê.

Hy het gereageer op onlangse boodskappe in die sosiale media wat beweer die Walvisbaai-hawe gaan aan private beleggers verkoop word.

Hy het benadruk daar bestaan hoegenaamd geen sakeverhouding tussen die Namibiese Haweowerheid (Namport) en die handelsver­skaffer Dubai Port (DP) World nie.

“Wat jy ook al in die media gelees of gesien het, het ons ook gesien. Ek kan met sekerheid sê in hierdie stadium bestaan daar geen verhouding tussen ons nie,” het Kanime gesê.

Dié maatskappy – met 'n netwerk van meer as 150 bedrywighede in 46 lande – het in 2019 'n memorandum van ooreenkoms (MoU) met die Nara Namib Free Economic Industrial Zone van Namibië onderteken om 'n gratis ekonomiese sone vir nywerheid en logistiek op Walvisbaai te ontwikkel om die land as 'n plaaslike streeknaaf vir Suider-Afrika te ontluik.

DP World se vlagskipontwikkeling, Jebel Ali Port, is die grootste vraghouerhawe tussen Rotterdam en Singapoer en is die 11de grootste vraghouer ter wêreld, met 'n jaarlikse kapasiteit van 19,3 miljoen twintig voet-ekwivalente eenheid (TEU).

Kanime het werknemers aangemoedig om nie paniekerig te raak nie, maar eerder hul pogings om strategiese besluite van bestuur, prestasie en volhoubaarheid te verwesenlik.



MOONTLIKE ­KONSESSIEOOREENKOMS

Kanime het verduidelik dit is 'n wêreldwye neiging om konsessiehouer-terminale te gebruik. Hy sê dit is bewys waar terminale deur 'n konsessie bestuur word, kan dit voordele inhou.

“Dit beteken nie noodwendig die privatisering van die aflandige vraghouerfasiliteit nie. Ons verwys na 'n openbare-private-vennootskap. Privatisering beteken die private sektor besit 100% eienaarskap van 'n bate. Ons kyk eerder na 'n slim vennootskap tussen die openbare en private sektor,” het Kanime gesê.

Volgens Kanime oorweeg Namport 'n konsessie en sal die hawedorp kyk na 'n ooreenkoms met die private sektor wat die owerheid in staat sal stel om voordele daaruit te trek.

“Konsessie vir die terminaalhouer is altyd 'n opsie. Ons is wel nog nie daar nie, maar wanneer dit gebeur, sal ons die korrekte inligting verskaf.”

Hy het gesê enige ooreenkomste sal in Namport en Namibië se beste belang wees.

“Ons sal nie tweede beste aanvaar nie en wil 'n wen-wen-ooreenkoms hê.”



BESORGDE OPPOSISIE

Die Independent Patriots for Change (IPC) se president, dr. Panduleni Itula, het op 20 April 'n brief aan president Hage Geingob geskryf waarin hy sy “ernstige bekommernis oor die beweerde verkoop van die Walvisbaai-hawe onder die dekmantel van private beleggers” geopper het.

Itula het gesê die IPC, met sy oorweldigende mandaat op Walvisbaai en die Erongostreek, sal nie toekyk hoe onpatriotiese, korrupte individue – wie se enigste belang hul eie sakke is – die land se hulpbronne en bates vernietig nie.

“Dit is onredelik dat iemand dit selfs kan oorweeg om ons ekonomiese spilpunt, wat ongeveer N$1 miljard aan ons nasionale geldkas genereer, te verkoop.”

Itula het 'n beroep op Geingob gedoen om die land toe te spreek oor die gedrag van die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, in verband met 'n besoek aan die Verenigde Arabiese Emirate waar die ooreenkoms na bewering gesluit is.



TERUGBETALING VAN LENING

Kanime sê net 'n baie klein persentasie is al terugbetaal van die N$3 miljard-lening wat in November 2013 van die Afrika-Ontwikkelingsbank (AfDB) ontvang is en wat die bou van die aflandige vraghouer­terminaal moontlik gemaak het.

“Die fasiliteit is eers in September 2019 in gebruik geneem en ons het begin om die lening terug te betaal nadat dit operasioneel geword het. Die lening is vir 20 jaar en die fasiliteit is vir byna twee jaar in werking. Daarom maak die terugbetalings 'n geringe persentasie uit.”

Die bou van die Walvisbaai-hawe se nuwe vraghouerterminaal ter waarde van N$4 miljard is in 2014 begin en die aanleg is op 24 Augustus 2019 in gebruik geneem.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074