Walvisbaai se geldgemors

10 January 2019 | Regering
Jemima Beukes - Senior munisipale amptenare van Walvisbaai is met hul hande in die spreekwoordelike koekieblik betrap, met dokumente wat die onregmatige gebruik van die munisipaliteit se kredietkaart toon, asook 'n kontantonttrekking van N$86 220 deur mnr. Ngdishoshili Nghilumbwa.

In 'n brief gedateer 4 Oktober 2018 het die raad se finansiële bestuurder, mnr. Frans Gonteb, die uitvoerende hoof, mnr. Muronga Haingura, gemaan oor kontantonttrekkings met die raad se kredietkaarte.

Gonteb het Haingura ingelig dat hy volledige transaksiestate van die bank vir die tydperk vanaf Desember 2015 tot September 2018 aangevra het.

Hy het bygevoeg twee kaarte word bevraagteken wat aan burgemeester Immanuel Wilfred en die voorsitter van die bestuurskomitee, mnr. Simson Nghilumbwa, uitgereik is.

Gonteb het in die brief uitgewys die bankstate vir die tydperk Desember 2015 tot September 2018 het aangedui Wilfred het spoedpuntbetalings (speed-point payments) van N$152 533 gemaak het, en mnr. Tobias Nambala spoedpuntbetalings van N$30 486.

Mnr. Ngdishoshili Nghilumbwa het 'n kontantonttrekking van N$86 220 gedoen en spoedpuntbetalings van N$5 860 gemaak.

Toe Haingura Maandag vir kommentaar gekontak is, het hy gesê hy het nie hierdie inligting ontvang nie.

Hy is wel bewus van ander kredietkaartonreëlmatighede wat verlede jaar gerapporteer is.

“Ek is nie nou op kantoor nie, kan jy asseblief die inligting na die skakelbeampte stuur? Ek is nie bewus van waarna jy spesifiek verwys nie. Ek is bewus van die ander voorvalle waaroor in New Era berig is,” het hy gesê.

Wilfred wou weet waar die koerant die dokumente in die hande gekry het en gevra of dit inderdaad sy naam is wat op die dokumente verskyn.

“Gaan vra die uitvoerende hoof van Walvisbaai, mnr. Haingura; hy is die een wat die administrasie van die dorp bestuur. Gaan direk na hom toe en vra hom hierdie vrae," het Wilfred gesê.

Toe hy gevra is of hy bewus is van die transaksies en of hy wel die munisipaliteit se kredietkaart gebruik het om betalings te doen, het hy gevra: “Aan wie was die munisipaliteit se kredietkaart toegeken?”

'n Ander dokument wys dat Wilfred die munisipaliteit se kredietkaart wat aan hom toegeken is, gebruik het om 'n selfoon van N$12 707 te koop toe hy die 32ste handelsekspo in 2017 bygewoon het.

Volgens die bankstate is hierdie selfoon by 'n belastingvrye winkel in Dubai gekoop.

In 'n brief aan Gonteb gedateer 7 November het Wilfred gevra dat geld van sy salaris in twee paaiemente afgetrek word.

Dit blyk egter uit 'n duidelike nota op die brief dat hierdie geld nie afgetrek is nie.

New Era het in Oktober berig dat 'n ondersoek voortgaan oor kredietkaartmisbruik by die Walvisbaaise munisipaliteit wat in verskeie onreëlmatighede ontaard en tot die skorsing van raadslid Simson Nghilumbwa gelei het.

Leuens

Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) se aktivis mnr. Irvin Summers het gesê Haingura het gelieg en moet die eerbare ding doen en bedank.

Nóg 'n AR-aktivis, mnr. Kasie Shikongo, het gesê almal by die munisipaliteit was bewus van die onreëlmatighede.

“Ek was in die raadsvergadering toe hulle vir raadslid Nghilumbwa oor hierdie kwessie geskors het. Die burgemeester was die voorsitter van die vergadering wat gehou is. As hulle dit ontken, dan moet hulle bedank,” het hy gesê.

'n AR-leier van Walvisbaai, mnr. Andre Eugene Gunther von Broen, het gesê hulle sal die hof nader as die raadslede nie voor stok gekry word nie.

Soortgelyk

 

Afrika-lied kom tuis in Namib

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira Hattingh - Die Duits-Namibiese kunstenaar Max Siedentopf het wêreldwyd opslae gemaak met ‘n kunsinstallasie in die Namib wat Toto se bekende liedjie “Africa” oor...

CoW verloor ronde teen baas

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die geskorste uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW), mnr. Robert Kahimise, het 'n ronde teen sy werkgewer gewen.CoW sal waarskynlik binne...

Sowat 7 000 skeepspassasiers sak op Walvis toe

14 ure gelede | Toerisme

Geskiedenis is gister gemaak toe vier groot passasierskepe in die Walvisbaai-hawe op anker gelê het en sowat 7 000 internasionale reisigers op die hawedorp toegesak...

Herstel internet, toegang tot sosiale media in Zim

14 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Om mense in Zimbabwe die gebruik van internetdienste te ontneem, is ‘n skending van hul menseregte en benadeel die ekonomie.“Ons raam die...

Weer vir 17 Januarie 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie oor die sentrale,...

Jong Namibiër maak biomediese deurbrake

14 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting - Sy twee jonger sibbe se worsteling as kinders met asma het ’n jong Namibiese ingenieur aangespoor om ’n toestel te ontwerp wat...

Lui-lui telefoon

14 ure gelede | Tegnologie

Telecom Namibia se landlyne in Windhoek was sedert Dinsdag buite werking. Mnr. Oiva Angula, Telecom Namibia se hoof van korporatiewe kommunikaise en openbare skakelwese, het...

Gedenkdiens gehou vir slagoffers van ongeluk

14 ure gelede | Plaaslik

’n Gedenkdiens vir ses van die sewe slagoffers wat onherkenbaar verbrand is tydens die ongeluk op 10 Augustus 2018, is Dinsdag op Otjiwarongo gehou. Die...

Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte

14 ure gelede | Regering

Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.Mnr. Harold Akwenye,...