Walvis oorleef naelbytstryd

21 June 2019 | Sport
Andrew Poolman - 'n Afdag teen begeesterde opposisie kan enige rugbyspan in die Momentum onder 19 premierliga duur te staan kom.

Hierdie boodskap is Woensdagmiddag landwyd uitgestuur toe De Duine hom sommer behoorlik teëgesit het teen die kusdorp se meer ervare buurspan, Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool.

In De Duine se terugkeerseisoen na die land se hoogste liga het hy reeds 'n paar groot pakke op die lyf geloop, maar dié keer moes Walvisbaai alles uithaal om met 'n sege van 32-25 weg te kom.

De Duine het 'n bonuspunt ingepalm te danke aan die neerlaag met minder as tien punte, terwyl die Naartjies twee bonuspunte byvoeg omdat hy meer drieë gedruk het (vier teen drie).

“Dit was 'n harde wedstryd en ek is baie beïndruk met my spelers,” sê De Duine se afrigter, Karl Cookson.

“Ons ontwikkeling en verbetering deur die loop van die seisoen is vir my belangriker as die uitslag op die telbord,” het hy opnuut beklemtoon.

“Ek dink ons kon gewen het as een of twee beslissings van die skeidsregter anders was. Ons het byvoorbeeld die laaste 15 minute met een speler minder klaargekom toe hy op 'n rooi kaart vir 'n boorvat besluit het – hoewel ons speler die man vir wie hy omgedop het, veilig op die grond neergesit het.

“In die geheel is ek baie trots op ons spelers wat hulle goed van hul taak gekwyt het.”

Walvisbaai se afrigter, Quinton Simon, sê De Duine het 'n ongelooflike vertoning gelewer en het sy manne deurgaans onder druk gehou.

“Die Naartjies het gewis al beter gespeel as Woensdag, maar hierdie is vir ons 'n wekroep om terug aarde toe te kom,” was sy opsomming na aanleiding van sy span se vorige drie uitslae waarin OK Foods Moria (op Walvisbaai) en Samsung WHS (by FNB Vegkop) geklop is, voor 'n nael­skraapse tuisneerlaag met 12-15 teen die onoorwonne voorloper Rubicon Tsumeb Gimnasium.

Vanweë oosweer is die wedstryd in hitte van 34 grade Celsius gespeel, het Simon opgemerk.

Die wenspan se vier drieë het van slot Neil Brand, vleuel Jivino Polster, flank Divan van Vreden en reserwe-agterspeler Keanu Gonteb gekom. Polster en los­skakel Scott Winborn het die skoppunte gedeel.

De Duine se driedrukkers was vleuel Keanu Daniels, senter Jade Visagie en losskakel Algirnon Kolz. Die plaasvervanger-losskakel Bevan Coetzee en stut Jay Jay Dentlinger het met skoppe pale toe geslaag.



WHS TEEN GIM

Die onsekere begin wat afrigter Henry Kemp se jong WHS-span sover in die seisoen beleef, word môre in die gekweste Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus se kuil verder op die proef gestel.

Die ligbloues kan dalk 'n geringe voordeel van varser spelers hê, nadat hulle laas naweek in die FNB Vegkop-stadion met De Duine weggehardloop het (70-0).

Aan motivering sal die span van Kleine Kuppe egter nie te kort skiet nie. Gimnasium sal graag wil hergroepeer ná hul eerste neerlaag verlede naweek op Tsumeb (25-43) en het reeds vanjaar vriendskaplik op die WHS-veld gewen.



KAMPIOEN TEEN VOORLOPER

Laas naweek se euforie op Tsumeb sal die tuisspan en hul ondersteuners vir seker laat opruk vir die koms môre van die huidige titelhouer, KMC/JCC Windhoek Affies.

Tsumeb Gimnasium het sover nog nie 'n voet verkeerd gesit nie met die maksimum van 45 ligapunte ná vyf wedstryde.

Die Windhoekers het nog net twee keer gespeel en het beide kere oortuigend gewen (43-0 teen De Duine en 40-12 teen Elnatan), maar 'n bulstryd lê voor indien hulle al die faktore in die noordespan se guns te bowe wil kom – soos momentum, 'n swaar agttal en 'n akkurate skopper.



STAMPRIET IN KOLLIG

OK Foods Moria van Outjo was sover met tye ongelukkig met uitslae wat net-net uit hul greep geglip het.

Losskakel DJ Holtzhausen is sedert verlede jaar een van hul groot spelbrekers in die premierliga en gewis 'n man vir die toekoms, maar die Bere sal op die hede gefokus wees wanneer hulle Pupkewitz Haval Elnatan môre op Stampriet gaan takel.

Hou gerus 'n oog op die Facebook-blad van My Zone, waar 'n span van Namibia Media Holdings regstreekse videostroom vanaf die suidedorp se rugbyveld gaan verskaf (afskoptyd 12:00).

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

5 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

2 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

2 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

2 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

2 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

2 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...